Kalahari.net FAIL
Uhm, ek glo nogal daarin dat mens in besigheid moet besef wat jy goed doen en daarop fokus. As jy bloot iets doen om iemand anders na te aap (sê maar Amazon.com), dan is jy nie besig om waarde toe te voeg nie, en kan jy jou besigheid waarskynlik eerder skade berokken.
Kalahari.net is duidelik nog besig om deur Recommendation Engines for Dummies se inhoudsopgawe te werk (kliek op die foto vir ‘n groter weergawe).
Om in die gutters rond te grawe
Wat is Rapport se probleem? Nog ‘n kind van Steve is iewers op die Vrystaatse vlaktes ontdek. Naas se seun by ‘n prostituut praat sy hart uit. En hoe groot is Joost se penis nou werklik? Of wag, wag: Is Frans Steyn nou gay of wat?
Kyk, ek het nie probleem wanneer joernaliste skynheiligheid ontmasker nie, soos in die geval van die dominee wat ewe vroom op ‘n Sondag een boodskap preek, maar in die week iemand anders is. As jy graag vir ander mense wil vertel hoe hulle moet leef, dan moet jy maar sorg dat jy lewe soos jy preek.
Maar Frans Steyn? Waarom mense wat bloot hulle drome najaag se lewens verongeluk omdat ‘n redakteur sy (of dan haar) kwartaalikse targets moet maak? Dit is nie ‘n groot geheim dat die Afrikaner een van die mees homofobiese volke (saam met mede-Afrikane) is op hierdie planeet nie. Gewone statistiek behoort mens ook te vertel dat daar top gay rugbyspelers moet wees in Suid-Afrika. Maar erken dit en Ras Dumisani staan ‘n beter kans om “Die Blou Bul” op Loftus te sing, as wat ‘n gay speler sal hê om ‘n Springboktrui oor sy kop te trek. Daarom dat spelers maar eerder in die kas bly.
Ja, ek weet, eintlik moet mens nie Rapport blameer nie. Die Afrikaner se algemene zefgeit en ‘n siek beheptheid met ander se persoonlike lewens, stel publikasies soos Rapport instaat om nog te bestaan.
Tragies.
Schadenfreude
Nou ja, wat kan mens sê?
“And here’s to you Mrs. Robinson.”
Karma is ‘n bitch.
Dit kom! Dit kom!
Goed, ek dink ek verdien eervolle vermelding dat ek tot op hede nog niks geskryf het oor die langverwagte nuwe Apple speelding wat weer eens ‘n industrie gaan transformeer nie. Mens kan egter net solank stilbly.
Na alle waarskynlikheid sal die nuwe iGuide / iSlate (of wat hulle dit ook mag noem) op 27 Januarie bekend gestel word.
Woohoo!
Die volk wag, Steve.


