riviersonderend

Geseënde Kersfees, hoenners!

with 5 comments

Ja, ek weet daar is nog 21 dae voor Kersfees. Maar as die shopping malls al Jingle Bells, kan ek seker maar al “Geseënde Kersfees” sê. Buitendien voel dit net reg om dit nou te doen, want mens weet nooit wanneer kom ek weer eendag by die blog uit nie.

Written by George Maru

4 December 2010 at 21:11

Posted in algemeen

Dans! Dans! Dans!

with 4 comments

Nou ja, die groot gewag is verby. Jack Parow se video van Dans, dans, dans, is uiteindelik op die interwebs.

Dit is werklik al waarvan jy vandag op die internet hoef kennis te neem.

Viva Afrikaans, viva!

Written by George Maru

6 Mei 2010 at 19:08

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with

Danksy iPad bly Noorweegse regering in beheer

with 3 comments

Tensy jy iewers in afsondering was die afgelope paar dae, sal jy weet dat daar algehele chaos in Europa is as gevolg van vulkaniese as wat van ‘n uitbarsting in Ysland afkomstig is.

CNN berig dat selfs leiers van lande geraak is:

The prime minister of Norway was among those stranded by the closure of European air space.

Jens Stoltenberg, who was in the United States for President Obama’s nuclear summit, is running the Norwegian government from the U.S. via his new iPad, his press secretary Sindre Fossum Beyer told CNN.

Die iPhone red mense in die Haïti aardbewing. Die iPad laat regerings staande bly.

Waarmee gaan Apple nie nog vorendag kom nie?!

Written by George Maru

15 April 2010 at 21:43

Posted in nuus

Tagged with , ,

Lilac Wine

with one comment

Nou ja, na Die Antwoord het ek gedink dat ‘n effense koersverandering in orde sal wees :) . En aangesien die seisoen van wynfeeste op hande is (die Olyffees, die Wacky ens.), het ek gedink dit sal gepas wees om solank voorbrand te maak. En natuurlik, hoekom sal mens nou ‘n geleentheid laat verbygaan om ‘n Nina Simone song af te stof, al sal mens sekerlik haar nie assosieer met die uitbundigheid van ‘n Wacky nie?

Om na Nina te luister, is om huis toe te gaan. Soos die Wacky.

I lost myself on a cool damp night
Gave myself in that misty light
Was hypnotized by a strange delight
Under a lilac tree

Written by George Maru

2 Maart 2010 at 7:00

Posted in musiek

Tagged with ,

Soek jy Die Antwoord?

with 18 comments

Die Antwoord vind jy in die zeffifikasie van alles wat is. Die Antwoord vertrou op die ninja. Die Antwoord is nie Steve nie. Ook nie Kurt nie. Die Antwoord se hart klop nie tjoklits nie.

Jy sal nie Die Antwoord by die Huisgenoot Skouspel vind nie.

Besluit maar wat jy dink van Die Antwoord. Dit gebeur egter nie elke dag dat ‘n Afrikaanse groep se video op Youtube al meer as 1 miljoen keer bekyk is nie.

Written by George Maru

17 February 2010 at 7:03

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.