riviersonderend

Archive for the ‘sommer net’ Category

Grrr!

with 22 comments

Dit is hoe die sneeu luiperd lyk:

snow-leopard

Mooi, nè?

‘n Paar feite oor die kat wat jy dalk nie geweet het nie:

  • Jy sal hulle in Sentraal-Asië vind in bergagtige gebiede, so tussen 2000 en 6000 meter hoog.
  • Hulle kan prooi vang wat drie keer groter as hulle is.
  • Hulle verkies om hul prooi van bo af te bespring en kan 14 meter ver spring.
  • Hulle is nie aggressief teenoor mense nie – daar is nog nooit ‘n aanval op ‘n mens deur ‘n sneeu luiperd aangeteken nie.
  • Daar word geskat dat daar slegs tussen 3,500 en 7,000 in die natuur oor is.

Meer inligting by snowleopard.org.

Written by George Maru

27 Augustus 2009 at 20:40

Posted in sommer net

Tagged with ,

Mene Mene Tekel

with 39 comments

Toe jy my ‘n ruk gelede vertel het dat jy Richard Dawkins se The God Delusion gekoop het, het ek niks gesê nie. Heimlik het ek gehoop dat jy maar soos baie mense is en boeke koop vir die boekrak en dit nooit sal lees nie.

Ek weet, dalk maak dit my ‘n huigelaar. Nie dat ek self ooit Dawkins gelees het en my geloof so verloor het nie. Hy het heeltemal te laat op die scene verskyn en daar was niks aardskuddends in sy boek nie.

Nietemin.

Toe jy vanaand vra vir hoop, vir bevestiging dat hy die kat aan die stert beet het, wens ek ek kon. Net iets sê. Dalk ‘n woord van gerusstelling. Jou wys na daardie sekerheid en geborgenheid waarna mens smag, soos toe jy ‘n kind was en jou pa groot en sterk en in beheer.

Maar my woorde van onsekerheid maak nie nou saak nie. Net soos woorde van troos nie die gemis aan ‘n dooie geliefde minder maak nie. Ek kon sê dat jy nie moet worry nie en dat dit net ‘n fase is. Dat jy more weer anders sal voel. Soos ek, sou jy weet dat ek jok.

Ek het net nie die moed gehad om jou te vertel dat vir jou – jou vrae, jou onsekerheid, jou angs – daar nie meer omdraai is nie.

Written by George Maru

5 Augustus 2009 at 23:11

Posted in sommer net

80s Flashback: Total Eclipse of the Heart

with 8 comments

Good grief. Lawe my siel. Was daar al ooit ‘n beter dekade as die 80s? Ek is seker dat elke vervaardiger van haarprodukte met my sal saamstem. En laat ons nie vergeet die inkarnasie van cool nie: Miami Vice. 

Oh man.

Wat kan beter die tydgees van die 80s vasvang as Bonnie Tyler se video “Total Eclipse of the Heart” (wel die letterlike weergawe). Crazy hare, emo kids, dansende ninjas, die Macarena, Rocky, Eva Peron, duiwelbesete koorseuns, zombies, engele en mullets. Dit was die 80s.

En dit is Total Eclipse of the Heart in 2009:

Written by George Maru

2 Junie 2009 at 20:02

Posted in sommer net

Tagged with ,

Kuns on-the-go

with 2 comments

Die New Yorker se jongste voorblad is deur die kunstenaar Jorge Colombo op sy iPhone geteken:

Jorge Colombo drew this week’s cover using Brushes, an application for the iPhone, while standing for an hour outside Madame Tussaud’s Wax Museum in Times Square.

newyorker

Telefone is nie meer wat hulle was in Nommer Asseblief nie. Ek weet egter nie wie is meer opgewonde oor die koms van die iPhone nie. Ek of tant Kriekie?

tant kriekie

Written by George Maru

25 Mei 2009 at 21:41

‘n Uitsonderlike Vonds

with 9 comments

Jorge Luis Borges was ‘n Argentynse skrywer wie se lewensuitkyk grootliks beïnvloed is deur Baruch Spinoza, ‘n Nederlandse filosoof. Nog ‘n aanhanger van Spinoza was die fisikus Albert Einstein.

Baruch Spinoza

Like golden mist, the west lights upJorge_Luis_Borges
The window. The diligent manuscript
Awaits, already laden with infinity.
Someone is building God in the twilight.
A man engenders God. He is a Jew
Of sad eyes and citrine skin.
Time carries him as the river carries
A leaf in the downstream water.
No matter. The enchanted one insists
And shapes God with delicate geometry.
Since his illness, since his birth,
He goes on constructing God with the word.
The mightiest love was granted him
Love that does not expect to be loved.

- Jorge Luis Borges

Written by George Maru

23 Mei 2009 at 15:07

Posted in sommer net

Tagged with , ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.