Archive for the ‘nuus’ Category
‘n Beter Wêreld, ‘n haai gee geboorte, Umberto Eco en stede wat weer plase word
The Charter for Compassion “a single document crafted by people from all walks of life, nationalities, beliefs and backgrounds with the intent to unify, inspire and bring compassion back into the hearts of society” is hierdie week bekendgestel deur Karen Armstrong. Dit klink so eenvoudig, maar tog is dit nie. Nietemin, iets om na te streef. Soms dink ek mense plaas te veel fokus op dit wat hulle kan doen om ‘n verskil in die wêreld te maak en vergeet van wat om nie te doen nie.
Daar is ook ‘n uitstekende onderhoud met Karen Armstrong op TED se webwerf:
Human beings are chronically predisposed towards idolatry. We constantly give absolute value to purely temporal, limited realities, such as a god, a nation, or an ideology. When something inherently finite is invested with ultimate value, its devotees feel obliged to eliminate any rival claimant because there can only be one absolute. We find this kind of idolatry in the Book of Deuteronomy in the Bible; but it also characterised some of the worst political and moral disasters of the twentieth century.
***
‘n Nuwe dinosaurus is in die Vrystaat ontdek. Aardonyx celestae was ‘n herbivoor en is 195 miljoen jaar oud.
***
‘n Haai in Auckland, Nieu-Seeland, se akwarium het geboorte gegee deur ‘n bytwond.
***
Umberto Eco, skrywer van The Name of the Rose en Foucault’s Pendulum met 50,000 boeke in sy besit, in ‘n onderhoud met Der Spiegel: “We like lists because we don’t want to die.” En: “If you interact with things in your life, everything is constantly changing. And if nothing changes, you’re an idiot.” Hy verduidelik ook hoekom Google sleg is vir jong mense.
***
Die hoofstad van motorbedryf in Amerika, Detroit, het beter dae geken. Maar met die ineenstorting van die industrie, kan ‘n mens huise in Detroit vir niks koop nie. Die probleem is egter dat niemand wil nie want daar is nie meer genoeg werk vir al die mense nie. Die stad kan nie die uitgebreide infrastruktuur bekostig nie. Dus, maak die stad kleiner en verander woonbuurte in plase. As die visie realiseer sal Detroit ‘n stadskern hê, omring deur groen gebiede met “urban villages”.
***
Japan beplan om teen 2030 ‘n ruimtestasie te vestig wat sonenergie na die aarde sal kanaliseer deur middel van mikrogolwe of laser.
***
Denemarke beplan om “anti-sosiale” immigrante wat nie kan of wil integreer in die Deense kultuur nie, sowat R150,000.00 te gee om terug te keer na hul land van herkoms, nadat hulle belowe het om nie weer Denemarke toe te kom nie.
***
Navorsing dui daarop dat babas se taalvermoëens al in die baarmoeder begin ontwikkel. G’n wonder hulle goegoe en baabaa nadat hulle gebore is nie, want dit is hoe mense met hulle praat as hulle nog in die ma se maag is.
***
‘n Moontlike model vir koerante wat sukkel om te oorleef in die era van gratis nuus: laat die vakunies betaal.
La Negra is oorlede
Vandag is ‘n onbeskryflik hartseerdag. Mercedes Sosa is oorlede. Sy was een van die grotes en ek kan haar met groot vrymoedigheid in die geselskap van ‘n Nina Simone noem.
Mercedes Sosa word gebore op 9 Julie 1935 in San Miguel de Tucumán, Argentinië. Op 15-jarige ouderdom wen sy ‘n musiekkompetisie en word instrumenteel in die 1960s in die nueva canción musiekbeweging. Sy reik haar eerste album, Canciones con Fundamento, uit.
Na die staatsgreep in 1976 word Sosa ‘n teiken van die militêre regering. In 1979 word sy op die verhoog tydens een van haar konserte gearresteer saam met die mense wat haar konsert bygewoon het. Die regering verbied haar om verdere musiekalbums te maak.
Sy gaan in ballingskap en verhuis na Parys en later Madrid. In 1982 keer sy terug na Argentinië net om die val van die militêre junta te aanskou.
Ek het al voorheen geskryf oor haar vertolking van die Missa Criolla wat ‘n uitsonderlike werk is en ‘n plek in elke musiekversameling verdien. Sy het soveel sielvolle songs dat dit moeilik is om ‘n gunsteling te kies. Daar is egter ‘n paar songs wat baie spesiaal is. In Honrar la vida, kan jy nie help om bewus te word van haar intense liefde vir die lewe en die stille eerbied daarvoor in haar musiek. In Todo cambia sing sy oor haar liefde vir haar land en haar mense, temas wat mens telkens in haar musiek opmerk. Die himniese Sólo le pido a Dios sleur jou telkens mee vir die intensiteit en gevoel waarmee sy uitdrukking gee aan haar geloof.
En dan is daar Gracias a la Vida, waaroor ek al geblog het. Ek plaas weer die woorde in Afrikaans, want dit vertel jou wie Mercedes Sosa was, beter as wat ek ooit kan hoop om te doen:
Gracias a la vida
Dankie Lewe, jy het my so baie gegee,
jy’t my twee sterre vir oë gegee, as ek hulle oopmaak,
kan ek duidelik onderskei swart van wit,
en in die oneindige uitspansel sy sterreryk,
en in die skares die man wat ek liefhet.
Dankie Lewe, jy het my so baie gegee,
jy’t my klanke en die alfabet gegee,
en daarmee saam woorde wat ek dink en sê,
moeder, vriend, broer, en die skynende lig
oor die pad van my geliefde se siel.
Dankie Lewe, jy het my so baie gegee,
jy’t my krag vir my moeë voete gegee
waarmee ek stap deur stede en modderpoele,
strande en woestyne, berge en valleie,
en na my geliefde se huis, straat en stoep.
Dankie Lewe, jy het my so baie gegee,
jy’t my ‘n hart gegee wat bewe in sy fondamente,
as ek die vrug van die menslike brein aanskou,
as ek sien hoe ver goed van kwaad is,
as ek in die dieptes van my liefde se helder oë staar.
Dankie Lewe, jy het my so baie gegee,
jy’t my skaterlag en trane gegee,
waardeur ek vreugde en pyn leer ken het,
die twee elemente van my lied,
dit is my lied, en ook julle almal se lied.
¡Dankie Lewe!
Solo Le Pido A Dios:
Gracias A La Vida:
Bravo NGK Kareedouw!
Hierdie berig op IOL verwys:
A gay music teacher and organist fired by a Pretoria NG Kerk has found work again, with a different branch of the same church in the Eastern Cape, according to Sunday’s Rapport.
Johan Strydom was approached by the NG Kerk in Kareedouw after its congregation and preacher, Dr Kobus Bohnen, learnt Strydom was living in Jeffreys Bay.
In September 2008 the Moreleta Park, Pretoria NG Kerk apologised to Strydom for unfairly discriminating against him by firing him when it learnt he was in a homosexual relationship. The High Court in Pretoria also ordered the church to pay him R87 000 in damages.
Wel gedaan aan die NG Kerk Kareedouw! En gelukwense vir Johan.
As ek nou ooit op daai trip na die Oos-Kaap gaan wat ek nou al jare beplan (en aanhoudend uitstel), gaan ek vir seker kerk toe. In Kareedouw.
Kla liewers op die internet
Ek is seker enige persoon wat al deurgeloop het onder lugrederye se “gee-nie-’n-hel-om-nie” houding, kan met Dave Carroll simpatiseer. Sy kitaar is beskadig deur United Airlines se personeel tydens ‘n vlug van Kanada na Nebraska in die VSA.
Natuurlik het hy gekla en geëis dat hulle betaal om dit te laat regmaak. Soos enige goeie lugredery betaam, het hulle net hul gatte daaraan afgevee. Wel, tot onlangs. Carroll het ‘n song oor sy ervaring geskryf (‘n countrysong! ), ‘n video gemaak en dit op Youtube geplaas.
Nadat dit nou reeds deur 4 miljoen mense gesien is, is United “jammer”. Hulle het aangebied om hom te vergoed vir die skade, maar Carroll het gesê hulle moet maar die geld vir liefdadigheid gee.
Hier is “United breaks guitars”.
I wonder if God is shaken tonight?
Tehran at night: