Archive for the ‘nuus’ Category
Danksy iPad bly Noorweegse regering in beheer
Tensy jy iewers in afsondering was die afgelope paar dae, sal jy weet dat daar algehele chaos in Europa is as gevolg van vulkaniese as wat van ‘n uitbarsting in Ysland afkomstig is.
CNN berig dat selfs leiers van lande geraak is:
The prime minister of Norway was among those stranded by the closure of European air space.
Jens Stoltenberg, who was in the United States for President Obama’s nuclear summit, is running the Norwegian government from the U.S. via his new iPad, his press secretary Sindre Fossum Beyer told CNN.
Die iPhone red mense in die Haïti aardbewing. Die iPad laat regerings staande bly.
Waarmee gaan Apple nie nog vorendag kom nie?!
All hail the king
Moses het van die berg afgekom en nie teleurgestel nie. Daar is nie woorde om die jongste tegnologiese wonderwerk te beskryf nie.
Ek hoop net die kontrak met uitgewers sluit Suid-Afrika hierdie keer in.
Totsiens Kindle. Jy het probeer.
Om in die gutters rond te grawe
Wat is Rapport se probleem? Nog ‘n kind van Steve is iewers op die Vrystaatse vlaktes ontdek. Naas se seun by ‘n prostituut praat sy hart uit. En hoe groot is Joost se penis nou werklik? Of wag, wag: Is Frans Steyn nou gay of wat?
Kyk, ek het nie probleem wanneer joernaliste skynheiligheid ontmasker nie, soos in die geval van die dominee wat ewe vroom op ‘n Sondag een boodskap preek, maar in die week iemand anders is. As jy graag vir ander mense wil vertel hoe hulle moet leef, dan moet jy maar sorg dat jy lewe soos jy preek.
Maar Frans Steyn? Waarom mense wat bloot hulle drome najaag se lewens verongeluk omdat ‘n redakteur sy (of dan haar) kwartaalikse targets moet maak? Dit is nie ‘n groot geheim dat die Afrikaner een van die mees homofobiese volke (saam met mede-Afrikane) is op hierdie planeet nie. Gewone statistiek behoort mens ook te vertel dat daar top gay rugbyspelers moet wees in Suid-Afrika. Maar erken dit en Ras Dumisani staan ‘n beter kans om “Die Blou Bul” op Loftus te sing, as wat ‘n gay speler sal hê om ‘n Springboktrui oor sy kop te trek. Daarom dat spelers maar eerder in die kas bly.
Ja, ek weet, eintlik moet mens nie Rapport blameer nie. Die Afrikaner se algemene zefgeit en ‘n siek beheptheid met ander se persoonlike lewens, stel publikasies soos Rapport instaat om nog te bestaan.
Tragies.
Schadenfreude
Nou ja, wat kan mens sê?
“And here’s to you Mrs. Robinson.”
Karma is ‘n bitch.
Dit kom! Dit kom!
Goed, ek dink ek verdien eervolle vermelding dat ek tot op hede nog niks geskryf het oor die langverwagte nuwe Apple speelding wat weer eens ‘n industrie gaan transformeer nie. Mens kan egter net solank stilbly.
Na alle waarskynlikheid sal die nuwe iGuide / iSlate (of wat hulle dit ook mag noem) op 27 Januarie bekend gestel word.
Woohoo!
Die volk wag, Steve.

