Archive for the ‘musiek’ Category
Symphony of Sorrowful Songs
In 1976 skryf Henryk Górecki sy derde simfonie, ook bekend as “Symphony of Sorrowful Songs”. Dit bestaan uit drie bewegings. Almal stadig. Die eerste en derde bewegings word geskryf uit die perspektief van ‘n moeder wat ‘n kind verloor het. Die tweede beweging verteenwoordig ‘n kind wat deur oorlog van haar moeder verwyder is, se perspektief. Hierdie beweging se woorde is ‘n gebed van Helena Wanda Błażusiakówna, ‘n 18-jarige meisie, wat sy teen die muur van die Gestapo tronksel geskryf het in 1944 toe sy deur die Nazis gevang is.
Górecki het later verduidelik hoekom juis hierdie gebed hom opgeval het:
In prison, the whole wall was covered with inscriptions screaming out loud: ‘I’m innocent’, ‘Murderers’, ‘Executioners’, ‘Free me’, ‘You have to save me’—it was all so loud, so banal. Adults were writing this, while here it is an eighteen-year-old girl, almost a child. And she is so different. She does not despair, does not cry, does not scream for revenge. She does not think about herself; whether she deserves her fate or not. Instead, she only thinks about her mother: because it is her mother who will experience true despair. This inscription was something extraordinary. And it really fascinated me.
Katy Perry Makeover
Die Israeli popsanger Ivri Lider se interpretasie van die Katy Perry classic, I kissed a girl.
Susan Boyle regeer die interwebs
As jy nou nog nie weet wie Susan Boyle is nie, dan kan ek jou nie help nie. Nie eers pille gaan werk nie.
Sy het die gay blogosfeer geannekseer. Sy verorber die Afrikaanse blogosfeer tydens 10 uur oggendtee. Sy is orals. Op Facebook. Op Amerikaanse TV. Op blogs wat handel oor baie oninteressante onderwerpe soos IT besigheidsintelligensie en databasisbestuur. Haar oudisie vir Britain’s Got Talent sal binnekort meer as 20 miljoen keer gekyk wees.
En steeds is daar geen keer aan die fenomeen nie!
As jy soos ek is, en jou daaglikse fix nodig het, wees bly! ‘n Opname wat sy gemaak het in 1999 van Cry me a river, het die interwebs getref!
Geniet!
Boodskap van Ray Boltz
Waarom vir 1 Januarie wag? Natuurlik is daar geen goeie rede om te wag nie!
Sonder enige verwyl dus, die nuutste song van Ray Boltz, ‘n gospelsanger wat bekendheid verwerf het met sy treffer “Thank You”.
Ray Boltz was eens op ‘n tyd baie gewild onder evangelikale Christene gewees. Dit is egter nie meer die geval nie. Op 26 Desember 2004 toe die tsunami Suidoos-Asië getref het, is die Boltz familie met hulle eie tsunami gekonfronteer. Boltz kon nie langer ‘n leuen leef nie en het sy vrou van 33 jaar en 4 kinders die waarheid oor homself vertel.
Vandag het hy vrede en is hy gelukkig en maak hy weer musiek.
