Archive for the ‘algemeen’ Category
Geseënde Kersfees, hoenners!
Ja, ek weet daar is nog 21 dae voor Kersfees. Maar as die shopping malls al Jingle Bells, kan ek seker maar al “Geseënde Kersfees” sê. Buitendien voel dit net reg om dit nou te doen, want mens weet nooit wanneer kom ek weer eendag by die blog uit nie.
‘n Beter Wêreld, ‘n haai gee geboorte, Umberto Eco en stede wat weer plase word
The Charter for Compassion “a single document crafted by people from all walks of life, nationalities, beliefs and backgrounds with the intent to unify, inspire and bring compassion back into the hearts of society” is hierdie week bekendgestel deur Karen Armstrong. Dit klink so eenvoudig, maar tog is dit nie. Nietemin, iets om na te streef. Soms dink ek mense plaas te veel fokus op dit wat hulle kan doen om ‘n verskil in die wêreld te maak en vergeet van wat om nie te doen nie.
Daar is ook ‘n uitstekende onderhoud met Karen Armstrong op TED se webwerf:
Human beings are chronically predisposed towards idolatry. We constantly give absolute value to purely temporal, limited realities, such as a god, a nation, or an ideology. When something inherently finite is invested with ultimate value, its devotees feel obliged to eliminate any rival claimant because there can only be one absolute. We find this kind of idolatry in the Book of Deuteronomy in the Bible; but it also characterised some of the worst political and moral disasters of the twentieth century.
***
‘n Nuwe dinosaurus is in die Vrystaat ontdek. Aardonyx celestae was ‘n herbivoor en is 195 miljoen jaar oud.
***
‘n Haai in Auckland, Nieu-Seeland, se akwarium het geboorte gegee deur ‘n bytwond.
***
Umberto Eco, skrywer van The Name of the Rose en Foucault’s Pendulum met 50,000 boeke in sy besit, in ‘n onderhoud met Der Spiegel: “We like lists because we don’t want to die.” En: “If you interact with things in your life, everything is constantly changing. And if nothing changes, you’re an idiot.” Hy verduidelik ook hoekom Google sleg is vir jong mense.
***
Die hoofstad van motorbedryf in Amerika, Detroit, het beter dae geken. Maar met die ineenstorting van die industrie, kan ‘n mens huise in Detroit vir niks koop nie. Die probleem is egter dat niemand wil nie want daar is nie meer genoeg werk vir al die mense nie. Die stad kan nie die uitgebreide infrastruktuur bekostig nie. Dus, maak die stad kleiner en verander woonbuurte in plase. As die visie realiseer sal Detroit ‘n stadskern hê, omring deur groen gebiede met “urban villages”.
***
Japan beplan om teen 2030 ‘n ruimtestasie te vestig wat sonenergie na die aarde sal kanaliseer deur middel van mikrogolwe of laser.
***
Denemarke beplan om “anti-sosiale” immigrante wat nie kan of wil integreer in die Deense kultuur nie, sowat R150,000.00 te gee om terug te keer na hul land van herkoms, nadat hulle belowe het om nie weer Denemarke toe te kom nie.
***
Navorsing dui daarop dat babas se taalvermoëens al in die baarmoeder begin ontwikkel. G’n wonder hulle goegoe en baabaa nadat hulle gebore is nie, want dit is hoe mense met hulle praat as hulle nog in die ma se maag is.
***
‘n Moontlike model vir koerante wat sukkel om te oorleef in die era van gratis nuus: laat die vakunies betaal.
‘n Bietjie van dit en dat
Antwoord gou hierdie vraag. Jan kyk na Sarah, maar Sarah kyk na Paul. Jan is getroud maar Paul nie. Kyk ‘n getroude persoon na ‘n ongetroude persoon?
A) Ja
B) Nee
C) Kan nie sê nie
Die regte antwoord is a – ja. Indien jy reg geantwoord het, is jy waarskynlik redelik dom. Maar toemaar. Hier oordeel ons nie.
In die jongste Scientific American word daar gekyk na disrationalia – wanneer mense met redelike hoë IKs irrasioneel dink en nie al die opsies behoorlik oorweeg nie. Hoekom A? Daar word nie gesê of Sarah getroud is nie. Indien sy is, en sy kyk na Paul, is die antwoord A. Indien sy ongetroud is, kyk Jan na haar en Jan is wel getroud.
***
Lewe jy op die interwebs? Beskulding mense jou daarvan dat jy asosiaal is omdat jy op die interwebs boer? Wel, jy kan vir hulle sê dat hulle nie weet waarvan hulle praat nie. Volgens die Pew Instituut het mense wat tegnologie gebruik ‘n groter en meer diverse sosiale netwerk.
***
Koerante wat meen dat hulle geld kan vra vir hulle stories, mag ‘n verrassing kry. Nie net is mense nie bereid om vir die stories te betaal nie, maar die koerante kan ook hulle joernaliste verloor, soos wat al gebeur het. Minder mense kan dan van die rubriekskrywers lees. En rubriekskrywers wil gelees word.
***
Meer as ‘n miljoen mense het Rio se strate ingevaar vir 2009 se Gay Pride Parade. Nie net kry hulle die Olimpiese Spele en die Sokker Wêreldbeker nie – hulle kan party ook.
Dag van afrekening
Geagte leser,
U word vandag, 17 Oktober 2009, hartlik uitgenooi na ‘n osbraai op Nuweland. Almal sal daar wees.

Ek het my opinie oor die doodstraf verander
Vir baie lank het ek ‘n baie duidelike standpunt oor die doodstraf gehad: ek was gekant daarteen onder alle omstandighede. Ek dink egter nou dat daar wel misdade is waarvoor die doodstraf gepas is.
Ek was nog nooit daarvan oortuig dat die doodstraf as ‘n afskrikmiddel dien vir mense om misdaad te pleeg nie. Daarvoor is daar te veel voorbeelde van lande en state waar die doodstraf wel op de wetboek is maar onder meer geweldsmisdaad gebuk gaan as lande en state waar die doodstraf afgeskaf is. Verder dink ek ook nie dat my redenasie op alle lande en plekke van toepassing gemaak kan word nie. Dalk gaan Europa nie soveel baat om weer die doodstraf in te stel nie.
Maar ek is oortuig daarvan dat ons op die oomblik in Suid-Afrika met sulke uitsonderlike omstandighede gekonfronteer word, wat ‘n uitsonderlike reaksie vra. Ek is ook bewus daarvan dat mense kan verander. Dit is dan ook wat my laat huiwer het om die doodstraf te ondersteun.
So ‘n ruk gelede was ek in die bevoorregte posisie om te hoor hoe voormalige misdadigers wel verander het en ek is heeltemal oortuig dat die ommekeer 100% eg is. Dit is ‘n voorreg om te kan sien hoe mense hul lewens omgekeer het. Maak nie saak wie of wat jy was nie, jy kan iets anders word. En ja, die samelewing faal hierdie mense al te dikwels deurdat hulle steeds verwerp word en nie toegelaat word om suksesvol weer in die samelewing te integreer nie.
Maar dit verander nie die feit dat die meerderheid van geweldsmisdadigers nooit sal verander nie. Hierdie verkragters, moordenaars en dwelmhandelaars verdien niks minder as die doodstraf nie. Dit is die mense wat die doodstraf verdien: verkragters, moordenaars en dwelmhandelaars.
Iemand wat aanhou om moord te pleeg, verdien nie nog ‘n kans nie. Iemand wat nog ‘n kind se lewe verwoes met dwelms, verdien nie nog ‘n kans nie. Iemand wat aanhou om vroue en kinders te verkrag, verdien nie nog ‘n kans nie. Hulle verwoes nie net hulleself en hulle slagoffers se lewens nie. Hulle verwoes ook ons almal se toekoms want hulle vernietig die land se jeug.
En dit is lankal nie meer ‘n geïsoleerde geval hier en daar nie. Te veel van ons land se kinders word ingesuig in die spiraal van geweld en dwelms wat hul lewens verwoes. En wanneer ons land se toekoms so bedreig word, word die hoop op die rehabilitasie van ‘n enkele moordenaar, dwelmhandelaar of verkragter ‘n luukse wat ons nie nou kan bekostig nie.
