riviersonderend

Archive for February 2010

Soek jy Die Antwoord?

with 18 comments

Die Antwoord vind jy in die zeffifikasie van alles wat is. Die Antwoord vertrou op die ninja. Die Antwoord is nie Steve nie. Ook nie Kurt nie. Die Antwoord se hart klop nie tjoklits nie.

Jy sal nie Die Antwoord by die Huisgenoot Skouspel vind nie.

Besluit maar wat jy dink van Die Antwoord. Dit gebeur egter nie elke dag dat ‘n Afrikaanse groep se video op Youtube al meer as 1 miljoen keer bekyk is nie.

Written by George Maru

17 February 2010 at 7:03

Posted in afrikaans, musiek

Tagged with

Kalahari.net FAIL

with 2 comments

Uhm, ek glo nogal daarin dat mens in besigheid moet besef wat jy goed doen en daarop fokus. As jy bloot iets doen om iemand anders na te aap (sê maar Amazon.com), dan is jy nie besig om waarde toe te voeg nie, en kan jy jou besigheid waarskynlik eerder skade berokken.

Kalahari.net is duidelik nog besig om deur Recommendation Engines for Dummies se inhoudsopgawe te werk (kliek op die foto vir ‘n groter weergawe).

Written by George Maru

14 February 2010 at 8:51

Posted in sommer net

Tagged with , , ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.