riviersonderend

Archive for Januarie 2010

All hail the king

with 17 comments

Moses het van die berg afgekom en nie teleurgestel nie. Daar is nie woorde om die jongste tegnologiese wonderwerk te beskryf nie.

Ek hoop net die kontrak met uitgewers sluit Suid-Afrika hierdie keer in.

Totsiens Kindle. Jy het probeer.

Written by George Maru

28 Januarie 2010 at 7:25

Posted in nuus

Tagged with ,

Om in die gutters rond te grawe

with 11 comments

Wat is Rapport se probleem? Nog ‘n kind van Steve is iewers op die Vrystaatse vlaktes ontdek. Naas se seun by ‘n prostituut praat sy hart uit. En hoe groot is Joost se penis nou werklik? Of wag, wag: Is Frans Steyn nou gay of wat?

Kyk, ek het nie probleem wanneer joernaliste skynheiligheid ontmasker nie, soos in die geval van die dominee wat ewe vroom op ‘n Sondag een boodskap preek, maar in die week iemand anders is. As jy graag vir ander mense wil vertel hoe hulle moet leef, dan moet jy maar sorg dat jy lewe soos jy preek.

Maar Frans Steyn? Waarom mense wat bloot hulle drome najaag se lewens verongeluk omdat ‘n redakteur sy (of dan haar) kwartaalikse targets moet maak? Dit is nie ‘n groot geheim dat die Afrikaner een van die mees homofobiese volke (saam met mede-Afrikane) is op hierdie planeet nie. Gewone statistiek behoort mens ook te vertel dat daar top gay rugbyspelers moet wees in Suid-Afrika. Maar erken dit en Ras Dumisani staan ‘n beter kans om “Die Blou Bul” op Loftus te sing, as wat ‘n gay speler sal hê om ‘n Springboktrui oor sy kop te trek. Daarom dat spelers maar eerder in die kas bly.

Ja, ek weet, eintlik moet mens nie Rapport blameer nie. Die Afrikaner se algemene zefgeit  en ‘n siek beheptheid met ander se persoonlike lewens, stel publikasies soos Rapport instaat om nog te bestaan.

Tragies.

Written by George Maru

24 Januarie 2010 at 9:16

Posted in nuus

Tagged with

Schadenfreude

with one comment

Nou ja, wat kan mens sê?

“And here’s to you Mrs. Robinson.”

Karma is ‘n bitch.

Written by George Maru

12 Januarie 2010 at 18:59

Dit kom! Dit kom!

with 4 comments

Goed, ek dink ek verdien eervolle vermelding dat ek tot op hede nog niks geskryf het oor die langverwagte nuwe Apple speelding wat weer eens ‘n industrie gaan transformeer nie. Mens kan egter net solank stilbly.

Na alle waarskynlikheid sal die nuwe iGuide / iSlate (of wat hulle dit ook mag noem) op 27 Januarie bekend gestel word.

Woohoo!

Die volk wag, Steve.

Written by George Maru

4 Januarie 2010 at 22:06

Posted in nuus

Tagged with

Symphony of Sorrowful Songs

leave a comment »

In 1976 skryf Henryk Górecki sy derde simfonie, ook bekend as “Symphony of Sorrowful Songs”. Dit bestaan uit drie bewegings. Almal stadig. Die eerste en derde bewegings word geskryf uit die perspektief van ‘n moeder wat ‘n kind verloor het. Die tweede beweging verteenwoordig ‘n kind wat deur oorlog van haar moeder verwyder is, se perspektief. Hierdie beweging se woorde is ‘n gebed van Helena Wanda Błażusiakówna, ‘n 18-jarige meisie, wat sy teen die muur van die Gestapo tronksel geskryf het in 1944 toe sy deur die Nazis gevang is.

Górecki het later verduidelik hoekom juis hierdie gebed hom opgeval het:

In prison, the whole wall was covered with inscriptions screaming out loud: ‘I’m innocent’, ‘Murderers’, ‘Executioners’, ‘Free me’, ‘You have to save me’—it was all so loud, so banal. Adults were writing this, while here it is an eighteen-year-old girl, almost a child. And she is so different. She does not despair, does not cry, does not scream for revenge. She does not think about herself; whether she deserves her fate or not. Instead, she only thinks about her mother: because it is her mother who will experience true despair. This inscription was something extraordinary. And it really fascinated me.

Written by George Maru

1 Januarie 2010 at 22:37

Posted in musiek

Tagged with , ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.