2010: Is jy gereed?
Ek sal erken dat ek nie ‘n groot sokker aanhanger is nie. Maar dan, ek is nie so ‘n groot sportsfan nie. Wel, ten minste nie nou nie, met die dat WP in ‘n rolbalklub verander het. Daar was selfs ‘n tyd wat ek gedink het ek gaan my uit die voete maak tydens die 2010 Wêreldbeker.
Nie meer nie! By die onlangse daknatmaak van die nuwe stadium in Kaapstad het ek die kans gehad om die stadium van nader te sien. Nou ja, ek weet ek was nog nie in al die bekendste stadiums in die wêreld nie, maar ek kan darem redelik praat van Suid-Afrika, insluitende Ellis Park, Loftus, Nuweland en Soccer City in Soweto. En ek wil beweer dat dit sonder twyfel een van die mooiste stadiums in die wêreld moet wees. As jy buite die stadium staan, kyk jy uit oor die Atlantiese oseaan. As jy binne sit aan die noordekant, loer Tafelberg vir jou.
‘n Paar feite oor hierdie wonderlike stadium:
- Daar is plek vir 68,000 toeskouers.
- Jy kan al 4 hoeke van die speelveld sien vanaf enige sitplek in die stadium.
- Die stadium is so ontwerp dat as jy opstaan om na ‘n kiosk te gaan en in ‘n tou staan, jy steeds die speelveld kan sien.
- Die dak het geen pilare wat dit ondersteun nie.
- Dit het R 4.4 miljard gekos om die stadium te bou.
- Die buitekant bestaan uit ‘n poreuse veselglasagtige kleed wat gebruik kan word om die stadium te kleur en soos ‘n lantern te laat gloei.
Dit is seker nie te veel gevra om te hoop vir ‘n U2 konsert in die stadium nie?


Dit is werklik besonders en ek is saam met jou op die U2 konsert
kaalvoetinireen
27 November 2009 at 12:14
Baie mooi, ek weet net nie of ek kans sien vir derduisende mense neffens my nie.
rosalindfranklin
27 November 2009 at 16:28
Baie baie cool! Ek sal nogal hou daarvan as ou Roger Waters vir my daar kom sing
Sonkind
27 November 2009 at 17:35
Jimmel Sonkind! Jy praat nou mos heilige dinge hierso. Hy sal kan toor met daai stadium en die ligte wat so van kleur verander. Imagine jy hoor hierdie song in daai stadium: “Hoeehhh Haahhhh Oehhh Huhhhhhh Wooaaaaaa Ahhhhaaaaa Haaaa Haaaa iaaaaaa Ohh Oh Oe”
Rosalind, ek is ook nie mal oor so baie mense nie, omdat ek deesdae mos grumpy is. Ek dink egter dit is die moeite werd, ten spyte van die mense.
Kaalvoet, ek dink ons moet ‘n petisie opstel. ‘n Facebook-groep “Bring U2 to the Cape Town Stadium”. Dit laat my dink aan so paar (hele paar) jaar gelede toe Duran Duran hier was en iemand in hulle show ‘n banier opgehou het: “Ask U2 to come”
George Maru
27 November 2009 at 17:52
Baie indrukwekkend! Kan jy dink hoe mooi dit in die aand gaan lyk vanaf ‘n boot wat ‘n entjie uitgevaar het in Tafelbaai, met beide die berg en stadion (LW: nie “stadium” nie!) verlig?
Ek is glad nie skepties oor die Wêreldbeker nie, maar ek beplan nog steeds om tydens die toernooi iewers in Europa deur te bring saam met die gesin. Iemand moet daardie leë vliegtuie volmaak!
Theo
29 November 2009 at 8:07
George ek kon nie anders nie …ban my, brandmerk my, slaan my met die banvloek, …..ek kon net eenvoudig nie die versoeking weerstaan nie ..?
Hier kom dit:
2011: Is jy gere(e)d?
johannes coetzee
29 November 2009 at 9:54
George, ek is grumpy gebore, welkom in die klub.
Ag moet asb nie al die mense Kaap toe bring vir U2 of enige iets anders nie asb, dan kan ek weer nerens heen ry nie. Al die dronkies op die paaie. ag ek gee julle R100 om nie die FB-klub te stig nie.
rosalindfranklin
30 November 2009 at 17:34
Theo, duidelik gaan my Afrikaans agteruit.
LOL @ Johannes
Rosalind, nee.
George Maru
1 December 2009 at 21:23
rosalindfranklin
2 December 2009 at 14:45
I really enjoyed reading your post, keep on creating such interesting articles!
KnigreenDug
13 December 2009 at 22:03