riviersonderend

Archive for November 2009

2010: Is jy gereed?

with 10 comments

Ek sal erken dat ek nie ‘n groot sokker aanhanger is nie. Maar dan, ek is nie so ‘n groot sportsfan nie. Wel, ten minste nie nou nie, met die dat WP in ‘n rolbalklub verander het. Daar was selfs ‘n tyd wat ek gedink het ek gaan my uit die voete maak tydens die 2010 Wêreldbeker.

Nie meer nie! By die onlangse daknatmaak van die nuwe stadium in Kaapstad het ek die kans gehad om die stadium van nader te sien. Nou ja, ek weet ek was nog nie in al die bekendste stadiums in die wêreld nie, maar ek kan darem redelik praat van Suid-Afrika, insluitende Ellis Park, Loftus, Nuweland en Soccer City in Soweto. En ek wil beweer dat dit sonder twyfel een van die mooiste stadiums in die wêreld moet wees. As jy buite die stadium staan, kyk jy uit oor die Atlantiese oseaan. As jy binne sit aan die noordekant, loer Tafelberg vir jou.

‘n Paar feite oor hierdie wonderlike stadium:

  • Daar is plek vir 68,000 toeskouers.
  • Jy kan al 4 hoeke van die speelveld sien vanaf enige sitplek in die stadium.
  • Die stadium is so ontwerp dat as jy opstaan om na ‘n kiosk te gaan en in ‘n tou staan, jy steeds die speelveld kan sien.
  • Die dak het geen pilare wat dit ondersteun nie.
  • Dit het R 4.4 miljard gekos om die stadium te bou.
  • Die buitekant bestaan uit ‘n poreuse veselglasagtige kleed wat gebruik kan word om die stadium te kleur en soos ‘n lantern te laat gloei.

Dit is seker nie te veel gevra om te hoop vir ‘n U2 konsert in die stadium nie?

 

Written by George Maru

26 November 2009 at 21:05

‘n Beter Wêreld, ‘n haai gee geboorte, Umberto Eco en stede wat weer plase word

with 2 comments

The Charter for Compassiona single document crafted by people from all walks of life, nationalities, beliefs and backgrounds with the intent to unify, inspire and bring compassion back into the hearts of society” is hierdie week bekendgestel deur Karen Armstrong. Dit klink so eenvoudig, maar tog is dit nie. Nietemin, iets om na te streef. Soms dink ek mense plaas te veel fokus op dit wat hulle kan doen om ‘n verskil in die wêreld te maak en vergeet van wat om nie te doen nie.

Daar is ook ‘n uitstekende onderhoud met Karen Armstrong op TED se webwerf:

Human beings are chronically predisposed towards idolatry. We constantly give absolute value to purely temporal, limited realities, such as a god, a nation, or an ideology. When something inherently finite is invested with ultimate value, its devotees feel obliged to eliminate any rival claimant because there can only be one absolute. We find this kind of idolatry in the Book of Deuteronomy in the Bible; but it also characterised some of the worst political and moral disasters of the twentieth century.

***

‘n Nuwe dinosaurus is in die Vrystaat ontdek. Aardonyx celestae was ‘n herbivoor en is 195 miljoen jaar oud.

***

‘n Haai in Auckland, Nieu-Seeland, se akwarium het geboorte gegee deur ‘n bytwond.

***

Umberto Eco, skrywer van The Name of the Rose en Foucault’s Pendulum met 50,000 boeke in sy besit, in ‘n onderhoud met Der Spiegel: “We like lists because we don’t want to die.” En: “If you interact with things in your life, everything is constantly changing. And if nothing changes, you’re an idiot.” Hy verduidelik ook hoekom Google sleg is vir jong mense.

***

Die hoofstad van motorbedryf in Amerika, Detroit, het beter dae geken. Maar met die ineenstorting van die industrie, kan ‘n mens huise in Detroit vir niks koop nie. Die probleem is egter dat niemand wil nie want daar is nie meer genoeg werk vir al die mense nie. Die stad kan nie die uitgebreide infrastruktuur bekostig nie. Dus, maak die stad kleiner en verander woonbuurte in plase. As die visie realiseer sal Detroit ‘n stadskern hê, omring deur groen gebiede met “urban villages”.

***

Japan beplan om teen 2030 ‘n ruimtestasie te vestig wat sonenergie na die aarde sal kanaliseer deur middel van mikrogolwe of laser.

***

Denemarke beplan om “anti-sosiale” immigrante wat nie kan of wil integreer in die Deense kultuur nie, sowat R150,000.00 te gee om terug te keer na hul land van herkoms, nadat hulle belowe het om nie weer Denemarke toe te kom nie.

***

Navorsing dui daarop dat babas se taalvermoëens al in die baarmoeder begin ontwikkel. G’n wonder hulle goegoe en baabaa nadat hulle gebore is nie, want dit is hoe mense met hulle praat as hulle nog in die ma se maag is. :)

***

‘n Moontlike model vir koerante wat sukkel om te oorleef in die era van gratis nuus: laat die vakunies betaal.

Written by George Maru

14 November 2009 at 8:27

‘n Bietjie van dit en dat

with 6 comments

GayPrideRioAntwoord gou hierdie vraag. Jan kyk na Sarah, maar Sarah kyk na Paul. Jan is getroud maar Paul nie. Kyk ‘n getroude persoon na ‘n ongetroude persoon?

A) Ja

B) Nee

C) Kan nie sê nie

Die regte antwoord is a – ja. Indien jy reg geantwoord het, is jy waarskynlik redelik dom. Maar toemaar. Hier oordeel ons nie.

In die jongste Scientific American word daar gekyk na disrationalia – wanneer mense met redelike hoë IKs irrasioneel dink en nie al die opsies behoorlik oorweeg nie. Hoekom A? Daar word nie gesê of Sarah getroud is nie. Indien sy is, en sy kyk na Paul, is die antwoord A. Indien sy ongetroud is, kyk Jan na haar en Jan is wel getroud.

***

Lewe jy op die interwebs? Beskulding mense jou daarvan dat jy asosiaal is omdat jy op die interwebs boer? Wel, jy kan vir hulle sê dat hulle nie weet waarvan hulle praat nie. Volgens die Pew Instituut het mense wat tegnologie gebruik ‘n groter en meer diverse sosiale netwerk.

***

Koerante wat meen dat hulle geld kan vra vir hulle stories, mag ‘n verrassing kry. Nie net is mense nie bereid om vir die stories te betaal nie, maar die koerante kan ook hulle joernaliste verloor, soos wat al gebeur het. Minder mense kan dan van die rubriekskrywers lees. En rubriekskrywers wil gelees word.

***

Meer as ‘n miljoen mense het Rio se strate ingevaar vir 2009 se Gay Pride Parade. Nie net kry hulle die Olimpiese Spele en die Sokker Wêreldbeker nie – hulle kan party ook.

Written by George Maru

5 November 2009 at 20:30

Posted in algemeen

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.