Innige medelye. As Bul ondersteuner wil ek darem ook graag byvoeg die WP het nie werklik verdien om te verloor nie. Inteendeel; die Bulle se springbokke het patetiese gespeel. Maar soos Bib tereg opmerk: teen Morne Steyn maak jy nie foute nie.
en Johannes kan dit weer eens nie weerstaan nie…nie eers tydens ‘n doodonskuldige gespottery (alhoewel dit vir party van ons ‘n BAIE ernstige saak is) oor rugby nie.
Georgie boy, daar’s nou sekere dinge waarvan jy die stof van jou voete af geskud en mee klaar gemaak het, so ek dink ons verdien ‘n nuwe post…die tyd is mos nou daar
Wen of verloor, die osbraai sal gebeur, want die Kapenaar kan “party”. So jammer ek lees nou eers jou pos.
Ek het maar onlangs in Afrikaans begin blog en is op soek na Afrikaanse maters in Blogland. Moet nei teveel verwag nie. Ek is ‘n alledaagse, gemiddelde, middeljarige mens wat dit geniet om in Blogland te kuier.
Jy is damn optimisties
Ek sal maar nie weer dreig om my onderklere te eet nie, want die keer is ek aan jou kant! Province!!!
Sonkind
17 Oktober 2009 at 12:22
Ai…dit was amper! Baie goeie wedstryd en WP kan ten minste hulle kop hoog hou. Maar teen Morne Steyn maak jy nie foute nie.
boerinballingskap
18 Oktober 2009 at 14:11
Tragies! Voorwaar tragies!
George Maru
18 Oktober 2009 at 15:57
Innige medelye. As Bul ondersteuner wil ek darem ook graag byvoeg die WP het nie werklik verdien om te verloor nie. Inteendeel; die Bulle se springbokke het patetiese gespeel. Maar soos Bib tereg opmerk: teen Morne Steyn maak jy nie foute nie.
Emil
19 Oktober 2009 at 8:56
George, my innige en opregte simpatie. Ek voel jou pyn. Sou graag die braai wou bywoon. My pa sit natuurlik ook in sak en as.
Nicky
19 Oktober 2009 at 17:16
Osbraai op kromdraai… jy kan hom nog bywoon hiers die link
johannes coetzee
19 Oktober 2009 at 18:53
ek was juis nogal honger. maar ‘n mens eet nie jou eie soort nie, hehe…
Johan Swarts
20 Oktober 2009 at 15:33
Daai os wat jy op die 17de wou braai is nog springlewendig!
En ek sien hulle het alweer al die kaartjies uitverkoop vir ‘n osbraai op Loftus… nou moet hulle nog net ‘n os kry.
Gelukkig is daar ‘n los Os wat agter die skerms in die Cheetah kamp werk, ek dink daar wag ‘n paar slapelose nagte op hom.
Hoop netti Naka Dros(kie) weer agter iemand anners se vrou aan nie.
Gelukkig is Steve daar om in die Bulkamp die dekwerk te doen.
Kom nou die Blou!
johannes coetzee
22 Oktober 2009 at 9:41
Dankie Emil en Nicky.
lol @ Johannes (ek stem natuurlik nie saam met jou laaste sin nie)
Johan, ek hoop nie jy sê wat ek dink jy sê nie… Dit sal voorwaar tragies wees en net die as ‘n verdere bewys van die korruptering van die jeug.
George Maru
23 Oktober 2009 at 7:10
Dag van “afrekening”….
Hiers ‘n foto van ‘n taxi wat ek in johannesburg gesien het:
http://www.facebook.com/album.php?aid=159304&id=820119111&l=0b1ac25f1c
Die baniere is besig om oral op te gaan…en dit gaan ‘n “osbraai” van ‘n ander omvang wees…
johannes coetzee
23 Oktober 2009 at 11:23
die jeug is ‘n klug! korrup! korrup ek seg!
Johan Swarts
26 Oktober 2009 at 1:38
en Johannes kan dit weer eens nie weerstaan nie…nie eers tydens ‘n doodonskuldige gespottery (alhoewel dit vir party van ons ‘n BAIE ernstige saak is) oor rugby nie.
Nicky
26 Oktober 2009 at 11:16
stem saam
johannes coetzee
26 Oktober 2009 at 12:05
Georgie boy, daar’s nou sekere dinge waarvan jy die stof van jou voete af geskud en mee klaar gemaak het, so ek dink ons verdien ‘n nuwe post…die tyd is mos nou daar
Nicky
29 Oktober 2009 at 8:38
Die Blou….!
johannes coetzee
2 November 2009 at 10:30
Die Blou se moer.
George Maru
2 November 2009 at 20:08
Sê ek ook, George!
Sonkind
2 November 2009 at 23:17
lol@george….jammer dude
Dis mar hoe dit met die dag van afrekening is…. vir sommige ‘n aangename reuk van lewe tot lewe, vir andere ‘n reuk van die dood tot die dood…
2Kor 2:14-16 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.
Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan;
vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?
johannes coetzee
3 November 2009 at 8:39
Ok, dis nou haas tyd dat hierdie afskuwelike embleem verdwyn
Emil
4 November 2009 at 12:01
Ek rou. Los my uit.
George Maru
4 November 2009 at 20:20
En vir net in geval:
George Maru
4 November 2009 at 21:14
Die Blou
die rou..
my (2de) kortste gedig ooit
johannes coetzee
5 November 2009 at 7:18
Ons rou
oor die Blou
en WP wat so vou
Sonkind
5 November 2009 at 22:31
Ek voel so rou
Want alles is blou
Kyk ek na die môredou
En wil ek dink aan jou
Sien ek net die blou
George Maru
6 November 2009 at 7:11
Net toe ek dink ek begin van julle hou
toe begin ek van julle hou
o die blou
die blou
blou
lou
ou
johannes coetzee
6 November 2009 at 7:19
Wen of verloor, die osbraai sal gebeur, want die Kapenaar kan “party”. So jammer ek lees nou eers jou pos.
Ek het maar onlangs in Afrikaans begin blog en is op soek na Afrikaanse maters in Blogland. Moet nei teveel verwag nie. Ek is ‘n alledaagse, gemiddelde, middeljarige mens wat dit geniet om in Blogland te kuier.
Besoek my gerus by http://ekisanna.blogspot.com/ en laat ‘n op merking as jy daar was sodat ek kan weet.
Ek is Anna
28 November 2009 at 11:06