Oor die hele debat oor godsdiens in staatskole (so ver dit my kennis strek gaan die debat nie oor privaatskole nie), wil ek myself nie uitlaat nie. Die gesprek is so belaai met emosie dat ek dink sinvolle, rasionele gesprek bykans ontmoonlik geraak het.
Nietemin.
Ek het begin om Rapport se webblad te lees, nie soseer vir die nuus nie, maar die kommentaar daarop. Ek gee werklik nie om om te weet dat daar nou ‘n Afrikaanse porno is nie, of dat Joost van der Westhuizen se skoonouers sy huwelik probeer ondermyn nie, of dat Coligny se NG kerke op dieselfde dag basaar hou omdat hulle mekaar nie like nie en dat die dominees mekaar wil bliksem nie. Ek wonder dan wel, is ons regtig so kômmin?
In elk geval, terug na die kommentaar. Ene Hans lewer as volg kommentaar op die godsdiensdebat in vandag se Rapport:
“Afrikaner” ateis, jy wil saam met hierdie patete werk! Doen dit, voel vry, maar noem jouself asb. nie dan Afrikaner en dan boonop nogal `n “trotse” een nie! Die term “Boer” en “Afrikaner” word gekoppel aan Christelikheid. Indien jy `n siellose ateis is, noem jouself dan eerder `n Suid – Afrikaner. `n Afrikaner sal jy nooit wees nie! Jy is nie welkom nie en is `n verleentheid solank jy `n Godlose bleeksiel is!! Jy is `n verraaier van die ergste graad – erger as die “joiners” tydens die ABO!!!
Die Afrikaner is nie meer net ‘n Corne of Pieter Mulder nie. Hulle verteenwoordig lank nie meer ‘n monolitiese groep wat grootgemaak is (met apologie aan Koos du Plessis) om te veg vir volk en land en staat en die party. Die sleutels van die Afrikanerkoninkryk behoort ook nie meer aan hulle nie. Die Afrikaner is vandag meer divers as ooit en ‘n reënboog in eie reg in die reënboognasie.
Ek is ‘n Afrikaner. En ek reis deur die wêreld.
Sonder ‘n pas.
Sonkind said
Oh my word! Wanneer het Christene alleenreg gekry op Afrikanerskap. FOK!!!
So, as jy nie ‘n Christen is nie, dan kan jy ‘n Suid-Afrikaner wees, maar nie ‘n Afrikaner nie? Dis redenasies soos hierdie wat maak dat die wereld ons nog steeds soms sien as agterlik! Verskoon my, ek gaan net eers gou in my skoene kots
alleman said
Ek wil so graag hê dat hierdie Hans verkeerd is. Maar is hy?
Is dit nie tog waar dat as jy Christenskap aflê, jy aan’t wegdryf is nie?
batcat81 said
@Sonkind : Ditto
@alleman : Christenskap is nie die middelpunt van die heelal nie. So daar’s geen ‘wegdryf’ nie. As jy as Christen alle mense aanvaar dan beteken dit dat jy niemand judge nie. Om jouself as die middelpunt te sien beteken jy judge die res. En dis nie Christelik nie. Dis die catch-22 van Christenskap, en wat baie moeilik vir Christene is om te verstaan. So dis nie ‘tog waar’ nie. Allermins.
alleman said
batcat81 jy verstaan heeltemal verkeerd. Ek dink nie Christenskap is die middelpunt van die heelal nie. Ek vra ‘n vraag oor Afrikanerskap – dws as jy Christenskap los, begin jy nie ook wegdryf van wat dit beteken om ‘n Afrikaner te wees nie?
batcat81 said
Ek verstaan reg. Want ek’s ‘n Afrikaner. En nie ‘n Christen nie. Afrikaner-identiteit kan nie meer gekoppel word aan godsdiens nie, net soos Duitser of Fransman of Amerikaner. Dis nie ‘n club waar jy net inkom as jy aan sekere vereistes voldoen nie. Buiten nou dat jy gebore word as een.
johannes coetzee said
Ich bin ein Afrikaner nicht
Nicky said
No surprises there. Ek dink nie jy het ‘n idee wat jy is nie want jou psigose krap jou koppie te deurmekaar.
batcat81 said
@johannes coetzee:
hoekom sien jy jouself NIE as ‘n Afrikaner nie?
johannes coetzee said
Omdat ek uitsien na die begin van ‘n algehele nuwe bedeling na 21 Mei 2011…!
Tot dan toe sal ek alles wat menslik moontlik is doen om my mede Afrikaner aan te moedig om die Bybel te lees in die hoop dat God ook my mense ook genadig sal wees….
Miskien moet ek dit rephrase om asvolg te lees:
Ich bin ein Afrikaner ….
nicht
Emil said
Ich bin …
Who cares?
Nicky said
George, ek is met jou. Fok hulle (ek weet nou ook nie presies wie nie – ek is sommer lus om militant te wees)! Ek het okkie ‘n pas nie, maar ‘n Afrikaner is ek gewis. En o ja, nog ‘n ding…sielloos se gat!
flippiefanus said
Ich bin kein Afrikaner. Wie wil nou jouself met so groep vereenselwig?
Johan Swarts said
haha @ emil
ek dink daai kêrel is maar net een wat met die konstruk grootgemaak is. sy kop is gekoloniseer deur ‘n vorige bewind. hy praat in die verlede tyd.
Andrew said
“siellose ateis”
Oooo, ek is mal daaroor, al was dit veronderstel om ‘n belediging te wees. Daai enetjie sal ek bêre om later te gebruik.
Alleman, ek kan jou punt insien. Wat der Joost is ‘n Arikaner?
Bertus Piesangverkoper said
Afrikaner is maar ‘n baie fuzzy term – soos enige maatskaplike konstruk verander dit heeltyd van definisie. Ek gee nie regtig om of enigiemand my ‘n Afrikaner noem of nie. Maar as jy mooi deur die geskiedenis gaan, sal jy sien die idee dat alle Afrikaners altyd eenvormig vroom was, is maar ‘n skepping van die Christelik-Nasionale geskiedskrywers wat hulle op die verlede ingeskryf het. In die 19de eeu was die meerderheid Afrikaners nie kerklidmate nie. In die vroee 20ste eeu het die Afrikaanse kerke die meeste van hul tyd aan sektebestryding bestee omdat die spiritiste, teosowe, wederdopers, sabbatariers ens. soveel sukses onder die ou Boeremense gehad het. Dis maar vanaf die 1940′s dat gereformeerde vroomheid vanselfsprekend onder Afrikaners geword het … en toe herskryf hulle die geskiedenis.
johannes coetzee said
Piesang
Ja en toe God die kerkstruktuur as institusie aan die einde van die kerk-era op 21 Mei 1988 uitgespuug het sit nie net die Afrikaners in kerke op die kooptoe ook sonder God.
Wat sal ons hulle noem…
ASG
Afrikaners Sonder God
Ich bin ein ASG….nicht
Nicky said
Johannes, ek weet ek mors my asem, maar ek kan nie langer stilbly nie. Jy is SO ongelooflik judgemental. Die Bybel leer met dieselfde maatstaf waarmee jy meet sal jy gemeet word. En haal maar sommer terselfdertyd daai Giant Sequioa-boom wat in jou oog sit uit voor jy enige verdere uitlatings maak. En o ja, moenie die moeite doen om op my post te reageer nie, want ek kaan dit nie lees nie. Ek wil nie langes my brein met jou nonsens besoedel nie, Mnr. Beterweterig.
alleman said
Vergeet dit Andrew, ek het nie ‘n punt gemaak nie, maar ‘n vraag gestel.