Grrr!
Dit is hoe die sneeu luiperd lyk:

Mooi, nè?
‘n Paar feite oor die kat wat jy dalk nie geweet het nie:
- Jy sal hulle in Sentraal-Asië vind in bergagtige gebiede, so tussen 2000 en 6000 meter hoog.
- Hulle kan prooi vang wat drie keer groter as hulle is.
- Hulle verkies om hul prooi van bo af te bespring en kan 14 meter ver spring.
- Hulle is nie aggressief teenoor mense nie – daar is nog nooit ‘n aanval op ‘n mens deur ‘n sneeu luiperd aangeteken nie.
- Daar word geskat dat daar slegs tussen 3,500 en 7,000 in die natuur oor is.
Meer inligting by snowleopard.org.
Sjoe! Kan ek nie so enetjie kry vir ‘n troeteldier nie?
Sonkind
27 Augustus 2009 at 22:02
Que bonita! Het jy al gesien hoe lank is hulle sterte?
:mrgreen:
kaneelsuiker
28 Augustus 2009 at 2:20
Lyk my jy voel katterig George
Nicky
28 Augustus 2009 at 10:06
Dis ‘n pragtige dier, SonKind ek sal ook een neem as troeteldier.
Groot Voet
28 Augustus 2009 at 10:44
Wat ‘n s(kat)like s(kat) uit die s(kat)kamers van ons huidige skepping ….
‘n S(kat) wat blykbaar volgens die s(kat)tings van die gurus van s(kat)tings sy oorsprong en ontstaan te danke het aan een of ander eensellige spermlose (kat)astrofiese saadontploffing wat volgens ingeligte s(kat)ters se s(kat)tings ongeveer 13biljoen jaar gelede plaasgevind het….
Maar om by Job aan te sluit…(Job 38:22) Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,
Ek is egter van mening dat die s(kat)like katjie afstam van die אריה ארי (leeu in hebreeus) en is geskep deur die λεών (leeu in Grieks) van die stam van Juda….dieselfde Skepper wat ook op die 1ste dag van die 1ste maand van die jaar 11013BC hierdie s(kat)like heelal met al sy s(kat)te geskep het.
Psa 33:6 en 7 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.Hy versamel die waters van die see soos ‘n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
Sneeukat jou s(kat)like s(kat)…hoe verlang ek na die dag dat ons weer in vrede met mekaar saamwoon! Vir jou het ek egter meer hoop as vir my mensekind…
Jer 50:39 en 40 Daarom sal daar boskatte saam met wildehonde bly; ook sal daar volstruise in bly; ‘n mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie. Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek die HERE, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.
johannes coetzee
28 Augustus 2009 at 11:09
die hartseer feit as dat ek waarskynlik nooit so een in lewende lywe in sy natuurlike habitat sal sien nie.
dis hoekom ek sukkel om natuurprogramme te kyk – ek kan nie die gedagte verduur dat ek die mooie goed net op prentjies sal kan sien nie.
maeree
28 Augustus 2009 at 12:09
Pragtige kietiekat!
Nelba
28 Augustus 2009 at 17:11
Sjame, die Mac kultus kry darem ‘n vreeslike houvas op sy volgelinge!
alleman
29 Augustus 2009 at 9:58
Mooi foto
Dirk
29 Augustus 2009 at 23:22
Reg ‘n pragtige foto van ‘n pragtige dier.
flippiefanus
30 Augustus 2009 at 16:30
Sonkind en Groot Voet, ek dink dit is presies wat ek gaan doen!
Kaneelsuiker, nee, nog nie.
Nicky, nee ek is mos nie eintlik ‘n katmens nie.
Johannes, jy bly ‘n classic.
Maeree, hulle sê selfs mense wat in hul habitat bly sal baie gelukkig wees om een te sien, omdat hulle ook baie skugter is.
Nelba, Dirk en Flippiefanus, stem. Luiperde is van die mooiste katte.
Alleman, waarvan praat jy?
George Maru
30 Augustus 2009 at 18:45
Grr….Prr
johannes coetzee
30 Augustus 2009 at 20:40
Pragtig.
Emil
31 Augustus 2009 at 12:33
Watter lens het jy gebruik en hoe na was jy aan hom?
boerinballingskap
1 September 2009 at 15:45
Dis die duurste service pack wat ek nog in my lewe gesien het
skraapdotnet
1 September 2009 at 19:03
Boer moet nou nie so aan george se copy en paste gewete staan en toring nie… dis nou regtig katterig…
johannes coetzee
2 September 2009 at 11:14
Gits daar is iets fout met my spam filter.
George Maru
3 September 2009 at 19:31
Ek het jou post deur die vertaalprogram gesit:
This is how Snoww luiperd lyk:
Beautiful, ne?
A couple of really what the cat ear DALK jy nie nie conscience:
• Jy sal hulle in Sentral-Asia bergagtige find in areas, so between 2000 and 6000 meter high.
• Hulle can catch prey that is three times bigger than hulle.
• Hulle hul prey to choose from top to jump and is 14 meter long jump.
• Hulle is nie mense nie teenoor aggressive – there has never been an attack on my door man ‘s character were Snoww luiperd nie.
• It makes that skated there slegs between 3.500 and 7.000 in the natural ear.
More inligting by snowleopard.org.
Bertus Piesangverkoper
13 September 2009 at 3:19
boerinballingskap
14 September 2009 at 14:37
vlogs, ja, vlogs……
boerinballingskap
14 September 2009 at 14:37
Wel ten minste is Google oor een ding reg: hulle is inderdaad nie mense nie.
George Maru
14 September 2009 at 21:18
Amper giigle ek hardop…!
johannes coetzee
15 September 2009 at 12:17