riviersonderend

Archive for Augustus 5th, 2009

Mene Mene Tekel

with 39 comments

Toe jy my ‘n ruk gelede vertel het dat jy Richard Dawkins se The God Delusion gekoop het, het ek niks gesê nie. Heimlik het ek gehoop dat jy maar soos baie mense is en boeke koop vir die boekrak en dit nooit sal lees nie.

Ek weet, dalk maak dit my ‘n huigelaar. Nie dat ek self ooit Dawkins gelees het en my geloof so verloor het nie. Hy het heeltemal te laat op die scene verskyn en daar was niks aardskuddends in sy boek nie.

Nietemin.

Toe jy vanaand vra vir hoop, vir bevestiging dat hy die kat aan die stert beet het, wens ek ek kon. Net iets sê. Dalk ‘n woord van gerusstelling. Jou wys na daardie sekerheid en geborgenheid waarna mens smag, soos toe jy ‘n kind was en jou pa groot en sterk en in beheer.

Maar my woorde van onsekerheid maak nie nou saak nie. Net soos woorde van troos nie die gemis aan ‘n dooie geliefde minder maak nie. Ek kon sê dat jy nie moet worry nie en dat dit net ‘n fase is. Dat jy more weer anders sal voel. Soos ek, sou jy weet dat ek jok.

Ek het net nie die moed gehad om jou te vertel dat vir jou – jou vrae, jou onsekerheid, jou angs – daar nie meer omdraai is nie.

Written by George Maru

5 Augustus 2009 at 23:11

Posted in sommer net

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.