Archive for Augustus 2009
Grrr!
Dit is hoe die sneeu luiperd lyk:

Mooi, nè?
‘n Paar feite oor die kat wat jy dalk nie geweet het nie:
- Jy sal hulle in Sentraal-Asië vind in bergagtige gebiede, so tussen 2000 en 6000 meter hoog.
- Hulle kan prooi vang wat drie keer groter as hulle is.
- Hulle verkies om hul prooi van bo af te bespring en kan 14 meter ver spring.
- Hulle is nie aggressief teenoor mense nie – daar is nog nooit ‘n aanval op ‘n mens deur ‘n sneeu luiperd aangeteken nie.
- Daar word geskat dat daar slegs tussen 3,500 en 7,000 in die natuur oor is.
Meer inligting by snowleopard.org.
Bravo NGK Kareedouw!
Hierdie berig op IOL verwys:
A gay music teacher and organist fired by a Pretoria NG Kerk has found work again, with a different branch of the same church in the Eastern Cape, according to Sunday’s Rapport.
Johan Strydom was approached by the NG Kerk in Kareedouw after its congregation and preacher, Dr Kobus Bohnen, learnt Strydom was living in Jeffreys Bay.
In September 2008 the Moreleta Park, Pretoria NG Kerk apologised to Strydom for unfairly discriminating against him by firing him when it learnt he was in a homosexual relationship. The High Court in Pretoria also ordered the church to pay him R87 000 in damages.
Wel gedaan aan die NG Kerk Kareedouw! En gelukwense vir Johan.
As ek nou ooit op daai trip na die Oos-Kaap gaan wat ek nou al jare beplan (en aanhoudend uitstel), gaan ek vir seker kerk toe. In Kareedouw.
Mene Mene Tekel
Toe jy my ‘n ruk gelede vertel het dat jy Richard Dawkins se The God Delusion gekoop het, het ek niks gesê nie. Heimlik het ek gehoop dat jy maar soos baie mense is en boeke koop vir die boekrak en dit nooit sal lees nie.
Ek weet, dalk maak dit my ‘n huigelaar. Nie dat ek self ooit Dawkins gelees het en my geloof so verloor het nie. Hy het heeltemal te laat op die scene verskyn en daar was niks aardskuddends in sy boek nie.
Nietemin.
Toe jy vanaand vra vir hoop, vir bevestiging dat hy die kat aan die stert beet het, wens ek ek kon. Net iets sê. Dalk ‘n woord van gerusstelling. Jou wys na daardie sekerheid en geborgenheid waarna mens smag, soos toe jy ‘n kind was en jou pa groot en sterk en in beheer.
Maar my woorde van onsekerheid maak nie nou saak nie. Net soos woorde van troos nie die gemis aan ‘n dooie geliefde minder maak nie. Ek kon sê dat jy nie moet worry nie en dat dit net ‘n fase is. Dat jy more weer anders sal voel. Soos ek, sou jy weet dat ek jok.
Ek het net nie die moed gehad om jou te vertel dat vir jou – jou vrae, jou onsekerheid, jou angs – daar nie meer omdraai is nie.