Kla liewers op die internet

Ek is seker enige persoon wat al deurgeloop het onder lugrederye se “gee-nie-’n-hel-om-nie” houding, kan met Dave Carroll simpatiseer. Sy kitaar is beskadig deur United Airlines se personeel tydens ‘n vlug van Kanada na Nebraska in die VSA.

Natuurlik het hy gekla en geëis dat hulle betaal om dit te laat regmaak. Soos enige goeie lugredery betaam, het hulle net hul gatte daaraan afgevee. Wel, tot onlangs. Carroll het ‘n song oor sy ervaring geskryf  (‘n countrysong! ), ‘n video gemaak en dit op Youtube geplaas.

Nadat dit nou reeds deur 4 miljoen mense gesien is, is United “jammer”. Hulle het aangebied om hom te vergoed vir die skade, maar Carroll het gesê hulle moet maar die geld vir liefdadigheid gee.

Hier is “United breaks guitars”. :lol:

10 Kommentaar »

  1. Dit roer my hartsnare…

  2. Sonkind said

    Spyt is SO ‘n oulike ding, wat ongelukkig altyd te laat kom. Good for him!

  3. mnr.muller said

    kwl video – lekker goedkoop gemaak, maar grappig :)

  4. Spinnekop said

    dis ‘n osim idee :) ek is ook al gatvol verby vir sekere besighede se “gee-nie-’n-hel-om-nie” houdings! En snaaks genoeg hoe groter die besigheid hoe minder gee hulle om!

  5. Johannes, moenie huil nie, moenie treur nie.

    Sonkind, is dit nie?

    Mnr Muller, ek het dieselfde gedink en dit dra myns insiens by tot die bekoorlikheid daarvan.

    Spinnekop, dit is maklik om in groot organisasies weg te kruip en nie verantwoordelikheid te neem nie.

  6. Emil said

    Die mag van die Internets … en die pen en kitaar!

  7. Nicky said

    Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om met groot leedwese na lang en onaanvaarbare stiltes die heengaan van Riviersonderend te betreur. Ek skeur my klere en dra sakklede!

  8. Dis noggi Judgment Day nie dude ….

  9. Nicky said

    Ek sal rou totdat George my anders oortuig.Boe-hoe!

  10. Dude, ek is besig, jy weet? Planne om die wêreld oor te neem gebeur nie vanself nie.

RSS feed for comments on this post · TrackBack URI

Lewer Kommentaar