‘n Laaste wens

Ek het hierdie storie op verskeie tegnologie-blogs raakgelees.
Colby Curtin was ‘n dogtertjie van 10. Sy het terminale kanker gehad en haar laaste wens was om die fliek Up van Pixar se te sien. Dit handel oor ‘n ou man wat sy vrou aan die dood afstaan. Hy probeer haar dood verwerk en maak duisende balonne aan sy huis vas. Die huis styg op en dit is die begin van ‘n nuwe avontuur.
Omdat Colby te swak was om die fliek in ‘n teater te sien, het Pixar na haar huis gekom en die fliek daar vir haar gewys.
‘n Paar uur nadat sy die Up gesien het, is Colby oorlede.