Archive for Junie 15th, 2009
15 Junie 2009: Die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie

Die afgelope paar weke was daar heelwat debat of webwerwe soos Facebook en Twitter mense hul dienste moet ontsê wat in lande soos Kuba, Noord-Korea en Iran woon.
Vandag is daardie debat nie net heel onseremonieël beëindig nie, maar ook het Twitter en sosiale media die wêreld verander. Twee belangrike ontwikkelinge:
Deur middel van Twitter word die gebeure in Iran aan die wêreld uitgebasuin en die Iranese regering is magteloos om dit te stuit, al probeer hulle. Inteendeel, gewone internetgebruikers word aangemoedig om te help met aanvalle op webwerwe van die Iranese regering om hulle ontoeganklik te maak.
Verder is tradisionele media veroordeel vir hul gebrekkige nuusdekking. Buiten vir die #IranElections tag van Twitter is ‘n ander gewilde verwante tag #CNNFail en het ‘n nuwe webwerf oornag verskyn: CNNFail met Twitter tweets wat mense op hoogte hou oor gebeure in Iran en CNN se volslae mislukking om oor die gebeure te berig.
Dit is nie die eerste keer wat sosiale media webwerwe soos Facebook en Twitter gebruik is om mense te mobiliseer nie. Die omvang, impak en potensiaal wat sosiale media het, het eers werklik vandag duidelik geword.
Laat die revolusie begin.
(Die foto is vanaf Flickr.)