Archive for Junie 2009
I wonder if God is shaken tonight?
Tehran at night:
‘n Laaste wens

Ek het hierdie storie op verskeie tegnologie-blogs raakgelees.
Colby Curtin was ‘n dogtertjie van 10. Sy het terminale kanker gehad en haar laaste wens was om die fliek Up van Pixar se te sien. Dit handel oor ‘n ou man wat sy vrou aan die dood afstaan. Hy probeer haar dood verwerk en maak duisende balonne aan sy huis vas. Die huis styg op en dit is die begin van ‘n nuwe avontuur.
Omdat Colby te swak was om die fliek in ‘n teater te sien, het Pixar na haar huis gekom en die fliek daar vir haar gewys.
‘n Paar uur nadat sy die Up gesien het, is Colby oorlede.
One person, one broadcaster
There is hope. This is not China 1989. This is not Burma 2007.
(From The Guardian)
Come on Google! Don’t. Do. Evil.
Go green.

15 Junie 2009: Die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie

Die afgelope paar weke was daar heelwat debat of webwerwe soos Facebook en Twitter mense hul dienste moet ontsê wat in lande soos Kuba, Noord-Korea en Iran woon.
Vandag is daardie debat nie net heel onseremonieël beëindig nie, maar ook het Twitter en sosiale media die wêreld verander. Twee belangrike ontwikkelinge:
Deur middel van Twitter word die gebeure in Iran aan die wêreld uitgebasuin en die Iranese regering is magteloos om dit te stuit, al probeer hulle. Inteendeel, gewone internetgebruikers word aangemoedig om te help met aanvalle op webwerwe van die Iranese regering om hulle ontoeganklik te maak.
Verder is tradisionele media veroordeel vir hul gebrekkige nuusdekking. Buiten vir die #IranElections tag van Twitter is ‘n ander gewilde verwante tag #CNNFail en het ‘n nuwe webwerf oornag verskyn: CNNFail met Twitter tweets wat mense op hoogte hou oor gebeure in Iran en CNN se volslae mislukking om oor die gebeure te berig.
Dit is nie die eerste keer wat sosiale media webwerwe soos Facebook en Twitter gebruik is om mense te mobiliseer nie. Die omvang, impak en potensiaal wat sosiale media het, het eers werklik vandag duidelik geword.
Laat die revolusie begin.
(Die foto is vanaf Flickr.)
80s Flashback: Total Eclipse of the Heart
Good grief. Lawe my siel. Was daar al ooit ‘n beter dekade as die 80s? Ek is seker dat elke vervaardiger van haarprodukte met my sal saamstem. En laat ons nie vergeet die inkarnasie van cool nie: Miami Vice.
Oh man.
Wat kan beter die tydgees van die 80s vasvang as Bonnie Tyler se video “Total Eclipse of the Heart” (wel die letterlike weergawe). Crazy hare, emo kids, dansende ninjas, die Macarena, Rocky, Eva Peron, duiwelbesete koorseuns, zombies, engele en mullets. Dit was die 80s.
En dit is Total Eclipse of the Heart in 2009: