O my genade! Ek het so pas op hierdie trailer afgekom van een van die grootste fliekgebeurtenisse wat ons binnekort gaan tref. Berei julle voor vir:
Terminator Salvation!!!
As die fliek net halfpad so goed gaan wees as die trailor, sal dit die moeite werd wees. Oor en oor.
& Christian Bale van Batman-faam (The Dark Night) speel daarin! Hy speel nie in slegte flieks nie.
Yes. Yes. Yes.
johannes coetzee said
George afgesien van die feit dat die fliek niks met die Bybel uit te make het nie is dis darem net eenvoudig verstommend om te sien hoe God besig is om die mensdom bewus te maak van Judgment Day wat op 21 Mei 2011 gaan begin en 21 Oktober 2011 finaal ten einde gaan loop…!!!
Ek het amper van my stoel afgeval toe ek “21 May” aan die einde van die trailor sien…!
(Amo 1:1) Die woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.
(Amo 1:2) En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
Volgens die Bybel is ons vandag twee jaar voor die aardbewing wat die begin van die ware Judgment Day op 21 Mei 2011 gaan inlei en die brul van die “Leeu van Juda” wat Sy stem vanuit Jerusalem (nie fisiese Jerusalem nie) begin verhef….my o my!
(Amo 4:11) Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos ‘n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
(Amo 4:12) Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel— maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!
(Amo 4:13) Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!
Vergun my die voorreg om jou woorde ietwat te rephrase:
“As die fliek (werklike gebeure op 21 Mei 2011) net halfpad so goed gaan wees soos die trailor (die beskrywing in die Bybel) sal dit die moeitewerd wees. Oor en oor & Christian Bale (Jesus Christus) van Batman-faam (The Dark Night)(the Holy Bible-faam) speel daarin! Hy speel nie in slegte flieks nie….
Aldus die laaste deel van vers 12 in Amos 4″…maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!” beginnende 21 Mei 2011.
NS kyk na die billboard wat iemand hieroor langs die hoofpad na Accra, die hoofstad van Ghana opgerig het…
http://www.ebiblefellowship.com/gallery/v/ghana_kumasi_billboard/
Mag God elkeen van ons genadig wees.
johannes coetzee said
George ek het ‘n comments gepost maar dit het seker in jou spam box beland seker vanwee ‘n web-link wat ek daarin gesit het…?
Lekka dag anyway.
Die piesangverkoper said
Christian Bale het gespeel in Equilibrium
Emil said
Equilibrium is kultus! American Psycho is kultus. Empire of the Sun is kultus.
So ‘n paar van sy ander rolle is nie. Maar die Prestige is amper kultus.
Batman is baie
Het ek gesê Equilibrium is kultus?
Ek kan nie wag nie!
kaalvoetinireen said
Dit lyk baie cool! Het gesien hulle wys die trailer hier op TV en almal praat daaroor! Hoop dis die moeitewerd!
Ek stem saam met Emil oor Equilibrium
roer said
Al wat ek lees is Christian Bale, Christian Bale, Christian Bale… Het iemand iets anders gese^?
johannes coetzee said
George dankie dat jy my eerste comments uit die spam box “gered” het, my opregte dank en waardering dat jy dit op jou blog toelaat…!
Emil said
Hemels, Johannes. Dáár het jy nou bevestiging van die waarheid in die datum van vrystelling! The end is nigh!
George Maru said
Johannes, jy word gespam omdat jy die hele Bybel hier plak. Ek wag nog vir Hooglied, onthou. In elk geval, so gepraat van die einde ensomeer, miskien moet jy ons vertel van die Jom Jahwe.
Piesangverkoper, ek weet nie regtig hoe om te reageer op jou kommentaar nie. Maar mense groei.
Emil soos watter rolprente val nie in daai kategorie nie?! Ek dink ek was te jonk toe ek Empire of the Sun gesien het.
Kaalvoete, natuurlik gaan dit die moeite werd wees.
Roer, jy fokus nie nou nie.
rosalindfranklin said
Empire of the Sun is kultus—al seker 6 keer gesien. Amazing. Daai toneel waar hy tussen die meubels loop wat net so gelos is in die middel van nerens!
johannes coetzee said
Emil
Die bevestiging kom uit die Skrif en die Skrif alleen. Diegene wat 21 Mei 2011 uit die Skrif “raaksien” blaas die basuin ongeag die fliek.
Doen gerus ‘n google search met sleutelwoorde “21 May 2011 rapture” dan kyk jy of ons deur ‘n fliek gedryf word. Maar nou ja… lees gerus in my comments wat jy graag wil lees.
Sorry George ek het al vergeet dat jy (en jou blog) Ss is… (Ss = Skrif sensitief) was maar net biekie opgewonde. Jom Jahwe….?
Die piesangverkoper said
Well, if the gloves are coming off …
Enkele aanmerkings oor The Dark Knight:
The Joker het nooit gejoke nie
Daar is geen rede verskaf hoekom Harvey Dent voor sy ongeluk deur kollegas as Two Faced aangespreek is nie
Batman was ‘n wroeg hero pleks van ‘n action hero
Maggie Gyllenhaal was nie hot nie (wat weird is, want in ander flieks is sy wel).
There, I said it. Crucify me.
George Maru said
Wel wel wel. Ek het nie besef dat die handskoene afgepluk word nie. Maar dit is reg so. Dalk is dit tyd vir ‘n banana split. Maggie Gyllenhaal nie hot nie?! Toegegee, haar rol in Dark Night vergelyk nie met die in Happy Endings nie, maar steeds haar poging was verdienstelik. Eintlik dink ek ek moet ‘n afsonderlike inskrywing maak oor Dark Night. One crucifixion coming up.
Rosalind, ek dink ek was iets soos 16 toe ek Empire of the Sun gesien het en was op daardie stadium nie so geörienteer nie.
Johannes, Jom Jahwe = die dag van Jahwe. Die oordeelsdag.
johannes coetzee said
George verstaan ek jou reg, wil jy regtig hê ek moet julle van Jom Jahwe vertel…?
Emil said
Dark Knight is ‘n wroeg hero. Inderdaad! Daarom dat ek van die twee onlangse pogings hou.
Die piesangverkoper said
In die ou Batmanflieks was die caped crusader ‘n aksieheld wat soms gewroeg het. Nou is hy ‘n wroegheld wat hom soms in aksie begewe. The Dark Knight het al te veel na ‘n episode van Thirtysomething gevoel.
rosalindfranklin said
“Rosalind, ek dink ek was iets soos 16 toe ek Empire of the Sun gesien het en was op daardie stadium nie so geörienteer nie.” ek verstaan die kommentaar glad nie!
Huh? Onthou jy nie die pragtige toneel waar die kind in Empire of the Sun alleen speel tussen die verlare meubels in die middel van nerens nie?
rosalindfranklin said
verlate
George Maru said
Daar is niks fout met thirtysomething nie, behalwe seker as jy 10 is en dit kyk.
Rosalind, die moewie was op daardie stadium te diep vir my.
Nicky said
Moet ASSEBLIEF nie dat Johannes ons van die Jom Jahweh vertel nie!!!
George Maru said
Dit is te laat. Johannes, die vloer is joune.
Emil said
Ek dink the caped crusader is dalk bo sommige se begripsvermoë
Gee my die wroeg met die aksie enige tyd. Dit is nader aan die gees van die oorspronklike karakter. Ek versamel die comics nou al vandat ek 13 is. Het ‘n hele paar skatte uit die Golden Era. Batman was nog nooit eintlik ‘n aksieheld nie. En natuurlik ook nie ‘n tradisionele “superhero” nie.
Maar wat dit nou alles met Terminator te doen het, weet ek nou nie meer nie!
En nee om hemelsnaam, laat staan tog “die dag van die Here”. It will be when it will be. Ours is not see.
johannes coetzee said
George
Ek verstaan nie mooi, wat is te laat?
Nicky said
George, luiser na goeie raad. Laat slapende honne le!
Die piesangverkoper said
O hel, en as hulle eers so begin aangaan oor, wat is ‘n ware held? en het Batman die staal om hom te self sacrifice vir ‘n ondankbare gemeenskap? en dit hou net aan en aan en aan. Bah humbug!
rosalindfranklin said
Rosalind, die moewie was op daardie stadium te diep vir my…..George, kyk dit weer! asb jy sal die beauty herontdek. (ek is mal hieroor, die ander praat oor terminator, ek praat oor ‘n ander fliek, en johannes praat oor doomsday…:))
George Maru said
Emil, uitstekende analise! Ek stem dat mense nie vir Batman verstaan nie.
Johannes, jy moet ons vertel van die Jom Jahwe! Maar ek soek DRAMA.
Mnr P, jy is nou amptelik agter skedule met projek Kalahari Ferarri. Nie dat ek jou nou in ‘n voorafvervaardigde Gunkeliaanse gattungshokkie wil prop nie, maar as jy nie gaan plan maak nie, gaan dit die Jom Jahwe wees. Seriously.
Piesangverkoper, ons praat nie van Spiderman nie.
Rosalind, ek sal. Ek dink nie enige iemand praat meer oor Terminator nie.
johannes coetzee said
George dankie vir die geleentheid, ek sal so kort moontlik wees, verdra asb tog die baie Skrif maar ek kan ongelukkig nie anders, my woorde het geen betekenis nie en hoe kan ‘n mens tog hierdie aller verskriklikhede in eie woorde beskrywe…?
Ek sal daarom maar hou by dit wat “geskrywe” is oor daardie final 5 verskriklike maande (153 dae vanaf 21 Mei 2011 tot en met 21 Oktober 2011) waarvan Openb 9:4 en die res van die Skrif ons vertel
21 Mei 2011 die dag wat Judgment Day inlei gaan gepaard met moeder van alle aardbewings
Openb 16:18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
‘n Aardbewing van sodanige omvang wat alle grafte waarin mense van die begin van die mensdom se bestaan “begrawe” was sal oopmaak sodat die menslike oorskot soos mis oor die een einde van die aarde lê tot die ander einde van die aarde. Maar nie net sal die oorskot van diegene wat alreeds voor die begin van Judgment Day gesterf het oor die aarde soos mis verstrooi lê nie, maar ook diegene wat in die aardbewing op 21 Mei 2011 gaan omkom ..
Jer 25:33 En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.
hulle liggame gaan ‘n feesmaal vir die voëls van die lug wees..
Openb 19:17 en 18 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
21 Oktober 2011 vernietig God hierdie heelal deur dit finaal met vuur te verteer sodat selfs die gedagtenis van hierdie wicked generasie sal verdwyn.
Gedurende hierdie 5 maande sal veral oorlewende “christen” predikers poog om die mensdom wys te maak dat daar nog hoop is maar hulle valse boodskap sal vir die res van die oorlewendes wees soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek..
Openb 9:5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.
Want sien… hulle (diegene wat hulle vandag steeds onder die gesag van kerke en kerkstrukture bevind) is hulle wat met die wegraping op 21 Mei 2011 gaan sien hoedat die ware volk van God die lug in weggevoer gaan word, en o wee hier bly ons dan agter…
Vanuit dit wat ons uit die Bybel leer wil dit voorkom of die grootste menigte wat op 21 Mei 2011 die lug in weggevoer gaan word diegene is wat uit die oosterse volkere afkomstig is (die ander twee derdes wat tradisioneel niks met die chrstendom te make het nie). Diegene wat die Evangelie boodskap vandag in hierdie dae kort voor die begin van Judgment Day vir die eerste keer hoor en deur God gered word. Alhoewel die christendom hierdie Bybelse Waarheid “verkondig” … glo hulle dit eenvoudig nie….! En is dit hulle wat in daardie tyd tot die Skepper God gaan uitroep “Here, here het ons nie in U Naam.duiwels uitgedryf en siekes genees nie…” Sover my kennis strek dryf die oosterse en asiatiese gelowe nie duiwels in die Naam van Jahwe uit nie, en nog minder genees hulle siekes in Sy groot en glorieryke Naam. Dis vandag veral ‘n praktyk wat onder christen geledere gepraktiseer word…!
Dit is die droewige verhaal wat in die verlede met die sogenaamde “uitverkore volk van God” (die volk Israel) gebeur het en dit is die ewe droewige verhaal wat vandag weer met die sogenaamde “uitverkore volk” (die christene wereldwyd wat in hierdie valse gevoel van vrede leef), besig is om te gebeur.
Toe God op 21 Mei 1988 met sy oordeel oor die mensdom begin het, het Hy in Sy genade by Sy “huis” begin…
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Ons is nou 21 jaar weg van die begin van die tyd wat deur die Bybel as die tyd van Groot Verdrukking beskywe vord (‘n verdrukking van die harte van die mens). Vandag is ons twee jaar voor die aardbewing waarvan Amos 1:1 praat…en die HERE brul uit Sion…
Amo 1:1 en 2 Die woorde van Amos, een van die skaapboere uit Tekóa, wat hy gesien het aangaande Israel in die dae van Ussía, koning van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing. En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
Hierdie 21 Mei 2011 Judgment Day boodskap is geen fliek, of fiksie, of enige sodanige menslik uitgedinkte foefie nie…
Jom Jahwe staan vir ons en loer…. ten aanskoue van ‘n skare van spotters…. en wel ooreenkomstig dit wat Jahwe in Sy Heilige Skrif asvolg verklaar
2Pe 3:3 Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
Waarvan hulle einde ‘n verdelging is wat vas besluit is, wat oor die hele aarde gaan wees, beginnende 21 Mei 2011 en eindigende op 21 Oktober 2011
Jesaja 28:22 Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor ‘n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
‘n Boodskap wat die hele wereld oor die laaste 2jaar al hoe harde en hewiger gaan hoor.
NASKRIF: google gerus die volgende sleutel woorde en kyk wat die resultaat op die maar net die internet is : 21 May 2011 rapture
Ek sien die boodskap het sopas die YouTube omgewing bereik…dis eenvoudig net verstommend ‘n boodskap die res van die wereld kan bereik…!
Nicky said
Wie’s Mnr P?
Die piesangverkoper said
Slegte nuus:
http://www.rottentomatoes.com/m/terminator_salvation/#
http://www.salon.com/ent/movies/review/2009/05/21/terminator_salvation/
George Maru said
Jy!
Neeeee!!!!
johannes coetzee said
Na die aanhoor van Leon van Nierop se resensie van hierdie fliek vanoggend op RSG is ek huiwerig om my geld op dit te gaan mors…nou sal ek maar wag en kyk of die nuuskierigheid in my gaan wen.
Gerhard said
Daar is geen wegraping of wederkom wat gaan plaas vind nie. Die Bybel boek se dat niemand die verdrukking sal vry spring nie, ook nie die dood nie. Waar kom die mens daar aan. Gee my 2 tot 3 getuienise in die bybel dat daar ‘n wegraping kom en ‘n wederkoms. Die 1ste getuienis moet uit die Ou Testament voor kom.Bring julle teregwysings. Ek weet wat staan in die verborgenheid geskryf wat die wereld nie ken. Baie skrifte is verdraai en die mens kom dit nie eers agter, veral oor die wederkom,wegraping en opstanding is alles deur die Roomskatolieke kerk verdraai. Die bybel is nie die Woord maar ‘n samestelling van boeke.
Gehard said
JOHANNES COETZEE. Ek wil by se van wanneer af se die mens die Vader voor, wanneer Hy mense gaan wegraap en nogal ‘n datum, die 21 Mei 2011 . Daar is geen skrif daar voor. Die hele bybel is in verborgenheid geskryf. NIEMAND SAL DIE VRDRUKKING VRY SPRING NIE. DIS WAT DIE WOORD JOU VERTEL. NOU WIL DIE MENS DIE VADER VERTEL WAT OM TE DOEN. Ek kan sien die mens ken nie die stem van die Vader nie, wat uit verborgenheid bestaan omdat hulle alles vleestelik wil beoordeel kom alles vir hulle deur raaisels.Hulle is soos klein kindertjies wat met melk gevoed word en nie met vaste spys nie daarom glo hulle aan ‘n letterlike wegraping en wederkoms. Hulle soek die sigbare dinge op wat tydelik is. Die Vader stel nie belang aan sigbare gebeurtenise nie, soos die wegraping,wederkom,opstanding,nagmaal,doop,sabbat dag ens. Dit is alles ding, wat bestem is om te vergaan. Die vleeslike mense bedink vleeslike dinge.