Ek vermoed elke persoon het ‘n paar boeke wat ‘n impak op hulle lewens gehad het; boeke waarna mens telkens kan terugkeer en opnuut iets daaruit kan haal. Die eerste boek wat my lewensuitkyk redelik dramaties beïnvloed het, was Robert Pirsig se Zen and the Art of Motorcycle Maintenance. ‘n Tweede boek wat my totaal onkant gevang het en waarheen ek telkens terugkeer, is Rollo May se My Quest for Beauty. May was ‘n Amerikaanse eksistensialistiese sielkundige en ‘n goeie vriend van die teoloog Paul Tillich (sekerlik een van die grootste teoloë ooit).
My Quest for Beauty is ‘n memoir waarin May beskryf hoedat die krag van skoonheid (help tog met ‘n beter vertaling vir beauty!!) hom gehelp het om sinvol te leef en hom lewend gehou het. Deur te skep word ons heel en vervuld; om mens te word, is die kunstenaar se taak, ‘n geboortereg wat alle mense deel. May glo vas dat hierdie taak om te skep nie net voordelig is vir elke individu nie, maar ook outentieke, harmonieuse bestaan in samelewings moontlik maak.
May verwys na twee definisies van skoonheid wat verskillende aspekte daarvan belig. Aristoteles het dit gesien as “the condition when everything fits, when in a scientific theory or the Parthenon one has the conviction that nothing could be added or subtracted.” Plato se definisie fokus op die eenheid in skoonheid en sien dit as “the eternal splendour of the One showing through the Many. That is, in the many different forms of our universe, the One shines through and gives splendour and meaning to all.“
Welkom by riviersonderend en my quest for beauty.
johannes coetzee said
George
bring my ‘n mens wat die vermoeë het om werklik te skep (met ander woord uit niks uit iets te skep)… die mens kan hoogstens herrangskik wat alreeds was
op hierdie laat stadium van die mensdom se bestaan is die mens daagliks maar net besig om dit wat alreeds 13000 jaar gelede deur die Skepper daarvan geskep was te ontdek
wanneer hy dan iets ontdek wat alreeds geskep was gaan hy so te kere dat hy sommer dadelik sy naam daaraan koppel asof hy die “skepper” daarvan was
dan wend ‘n volgende ou hierdie “skepping” (ontdekking) aan in sy gadget dat hy (of andere) sóó daaroor rave en te kere gaan asou dit iets wees wat hy die “skepper” van is
behalwe vir sy van, is die naaste wat May aan skepping kan kom wanneer hy die ware Skepper, die God(e) van die Bybel op 21 May 2011 in aksie gaan sien…
selfs Plato se wyse woorde sou meer wys geklink het as dit asvolg gerephrase sou kon word
“the eternal splendour of the eternal One showing through the Many. That is, in the many different forms of our universe, the eternal One shines through and gives splendour and meaning to all.“
maar nou ja wie is plat(o)kop ek om platkop Plato se wyse woorde te wil verander…om nie eers van die “skepper” May te praat nie
ek wonner net waarom ‘n “skepper” met een van die grootste teoloë ooit bevriend sou wou wees…? dink jy May het gedink dat die teoloog ‘n rooilyn na die Skepper toe het, of was dit dalk andersom…?
Miskien moet ons maar wag op die “Nuwe Begin II” op 21 May 2011 om te sien wie met Wie bevriend was…?
May genade maar ek kan “skep”… haha
Die piesangverkoper said
Klink belowend.
Emil said
Interressant!
May sou in sy stryd teen TB tot die besef kom (soos Victor Frankl in die konsentrasiekamp) dat ons ‘perpetual fear’ om dood te gaan ons soms help om te oorleef, en nie die dood as ‘n uitkoms te aanvaar nie.
Ons angs hou ons aan die gang! Intent speel ‘n groot rol. Ons vrye wil, en nie God of die noodlot nie, belig ons pad.
Elke aksie gebaseer op ‘n eksterne prikkel is ‘n keuse. Sosiale veranderinge, sê May, is die resultaat van ons opstuwende angste en vervreemding. Mens kan May se denke maklik as klagtes oor die moderne lewe verwar. Simbole en mites se afbreuk is bydraend tot die angs. Daarom, dink ek, is hy reg:
Dit is ‘n lang proses.
George Maru said
Johannes, die blog sal ook nie dieselfde wees sonder jou nie! Wat gaan ons maak nadat jy weggeraap is? Ek is net nuuskierig oor die God(e) van die Bybel. As my geheue my nie in die steek laat nie, is dit ‘n nuwe wending?
Piesangverkoper, ons sal sien.
Emil, jy laat my baie dink aan die persoon wat my aan May voorgestel het. Vreeslik baie.
johannes coetzee said
Nee dit is nie ‘n nuwe wending nie, laat ek asvolg verduidelik.
Die woord “God” in die Bybel is by verskeie geleenthede (meer as 2200 keer) as meervoudig in die oorspronklike hebreeus geskryf. Ek is nie ‘n kenner van tale nie so dit is maar my eenvoudige manier om na die God van die Bybel soos dit in die oorspronklike tale geskywe is te verwys. Vir my bly dit steeds Een Godheid wat Vader, Seun en Heilige Gees is, maw God maar ook God(e) wat geen mens kan begryp of verstaan nie….!?
(Kol 2:9) For in him dwelleth all the fulness of the Godhead bodily.
En dikwels verwys die Woord van God (die Bybel) na hierdie Godheid as “ons”… vandaar my gewoonte om soms die klem op die meervoudige vorm God(e) te plaas, afhangende van die konteks waarin dit in die Bybel aangewend word. So is dit die geval in die skeppingsverhaal in Genesis.
“In die begin het God(e) die hemel(e) en die aarde geskape”
Die woord hemel in Genesis 1:1 is ook meervoudig… naamlik hemele.
Genadiglik is die kerk-era iets van die verlede en hoef ek my nie maar te laat leer deur ‘n Godlose afvallige kerkinstelling nie maar alleenlik deur die God(e) van die Bybel….ook die Woord van God
Hoop dit maak sin…?
George Maru said
Johannes, interessant. Verwys jy na die gebruik van “Elohim” (אלהים)? Alhoewel dit die meervoud is, word dit tog gebruik met die enkelvoud vorm van werkwoorde, bv. ברא wat die 3de persoon enkelvoud is? Is jy nie nou besig om die teks te interpreteer om te meen wat dit nie doen nie?
Emil said
Dit is ongelukkig hoe mense die teks interpreteer. Nou, ek sou bittergraag wil weet hoe jy die Hebreeuse teks skep. Kan jy dit met grieks ook doen?
George Maru said
Emil, jy kan dit met Grieks ook doen: εαν τις γλωσις … (ek is te lui om nou in die Griekse Bybel te gaan kyk waar die aksente hoort, so dit is nie heeltemal korrek nie
Ek is nie seker hoe dit op Windows sal werk nie, maar die Mac het ‘n menu met spesiale karakters wat die Griekse, Hebreeuse, Arabiese alfabet insluit. Jy kan dan bloot die letters kies wat jy wil hê. Ek aanvaar dat daar so iets in Windows ook is. Op die Mac is dit onder die “Edit” menu.
johannes coetzee said
Ja “Elohim” …. God of Gods (engels) of Gode. Wie kan tog ooit die God van die Bybel verstaan? die EK IS …. die Een wat tog DRIE is…. die DRIE wat terselfde tyd EEN is… Vader Seun en Gees
Die EEN wat ook WOORD is, die EEN wat die Bybel met soveel presiesheid kunstig gecraft het, elke jota en elke tittel daarvan. Die EK maar ook die ONS….
te grooot vir my klein verstand…?