Susan Boyle regeer die interwebs
As jy nou nog nie weet wie Susan Boyle is nie, dan kan ek jou nie help nie. Nie eers pille gaan werk nie.
Sy het die gay blogosfeer geannekseer. Sy verorber die Afrikaanse blogosfeer tydens 10 uur oggendtee. Sy is orals. Op Facebook. Op Amerikaanse TV. Op blogs wat handel oor baie oninteressante onderwerpe soos IT besigheidsintelligensie en databasisbestuur. Haar oudisie vir Britain’s Got Talent sal binnekort meer as 20 miljoen keer gekyk wees.
En steeds is daar geen keer aan die fenomeen nie!
As jy soos ek is, en jou daaglikse fix nodig het, wees bly! ‘n Opname wat sy gemaak het in 1999 van Cry me a river, het die interwebs getref!
Geniet!
Ja, hierdie vrou het voorwaar die wêreld met ‘n “bang” getref! Pragtige stem en sy sing met gevoel!
Wipneus!
17 April 2009 at 22:26
Stunning stem! Dis soos met Paul Potts destyds…die stem is alles behalwe dit wat mens verwag!
kaalvoetinireen
18 April 2009 at 13:33
Al die videos saam is nou al meer as 50 miljoen keer gekyk. Stunning!
George Maru
19 April 2009 at 16:08
Ek het toevallig gisteraand so stukkie van haar gesien by Carina. Wat ‘n stem het die vrou nie!
Zee
20 April 2009 at 10:41
Zee, sy verdien al die goeie dinge wat (hopelik) na haar kant toe kom.
George Maru
20 April 2009 at 21:05
Ja nee wat,’n fix is sy baie beslis.Ek sit al die soveelste keer voor my kompie en kyk en luister met my bronchitis lyf en sy kikker my op.Haar stem laat ‘n mens verby haar outydse voorkoms kyk maar tog verander alles hoe meer ‘n mens na haar kyk.Wens sy wil nou ‘n album of twee uitbring.
Johan du Toit
22 April 2009 at 18:42
Johan, sy het nou glo ‘n make-over gehad. Good for her, as dit is wat sy wil hê.
George Maru
26 April 2009 at 15:03
Ek kan eenvoudig nie genoeg kere na haar luister nie…
Pikkelik
28 April 2009 at 11:31
Die video wil nie meer speel nie
Anoniem
9 Junie 2009 at 11:33