Archive for Januarie 2009
25 jaar van skoonheid

Die Apple Macintosh rekenaar is vandag 25 jaar oud. Apple is in ‘n garage begin deur Steve Jobs, Steve Wozniak en Ronald Wayne in 1976. In 1977 verkoop Wayne sy aandeel in die besigheid vir $800 aan Jobs en Wozniak. Die maatskappy is vandag sowat $80 miljard werd (na die ineenstorting van die finansiële markte).
In 1981 kom Bud Tripple met die term “reality distortion field” vorendag om Steve Jobs se charisma te beskryf. Met Jobs aan die stuur het Apple nog altyd daarin geslaag om die media om sy pinkie te draai. Nie net omdat hulle goeie bemarkers is nie, maar ook omdat Apple ideale verteenwoordig en artikuleer wat mense inspireer. Apple was nog altyd getrou hieraan; in Steve Jobs se eie woorde:
Remembering that I’ll be dead soon is the most important tool I’ve ever encountered to help me make the big choices in life. Because almost everything–all external expectations, all pride, all fear of embarrassment or failure–these things just fall away in the face of death, leaving only what is truly important. Remembering that you are going to die is the best way I know to avoid the trap of thinking you have something to lose. You are already naked. There is no reason not to follow your heart.
en:
When I was 17, I read a quote that went something like: “If you live each day as if it was your last, someday you’ll most certainly be right.” It made an impression on me, and since then, for the past 33 years, I have looked in the mirror every morning and asked myself: “If today were the last day of my life, would I want to do what I am about to do today?” And whenever the answer has been “No” for too many days in a row, I know I need to change something.
Geluk Apple! Mag die era van die Mac nooit tot ‘n einde kom nie.
Beter kon ek dit nie stel nie

So dit is dan nou 2009
Ek is terug. Maar ook nie regtig nie. Die jaar het dramaties afgesluit en effe rof begin. Dit gaan nog ‘n rukkie wees voor ek by ernstige blogging uitkom (onder andere wil ek verder skryf oor spiritualiteit).
Ek wil darem net melding maak van ‘n belangrike nuusgebeurtenis die week. Die nuwe Doctor Who is aangewys. Dit is Matt Smith en hy is net 26, die jongste akteur om die rol te vertolk. Ek het my bedenkinge, want ek weet nie of hy die lewenservaring het om reg te laat geskied aan die rol nie. Dit gaan ‘n formidabele akteur eis om David Tennant se skoene vol te staan.
En nou van die os op die jas. Vandag betrap ek myself in ‘n oomblik wat Calvyn se hart sou laat bokspring het van trotse opgewondenheid. Ek bevind my in lingerie-winkel en die musiek wat hulle speel val my op. Dit is gospel, maar nie enige gospel nie. Dit is van daardie praise & worship musiek. My eerste instinktiewe reaksie is afgryse terwyl ek na ‘n pantie staar en “I exalt thee” in my ore dreun.
Wat sou jou eerste instinktiewe reaksie gewees het? Nie die beredeneerde reaksie nie (ja, ja, laat staan nou maar eers die redenasies oor die verhouding tussen geloof en seks en dat daar geen rasionele rede is hoekom dit nie daar gespeel behoort te word nie, ensomeer) wat later volg nie, maar daardie eerste gedagte wat by jou opkom?
Ek dink dit is baie moeiliker om ons kondisionering te ontsnap as wat ons ooit mag toegee.