Ek wonder

Rosalind het my getag om ‘n paar dinge oor myself te onthul en dan te vertel waaroor ek wonder.

Sonder verwyl dan ‘n paar dinge wat julle nie geweet het nie:

1) Ek is nou al seker 10 jaar verloof. Wel, ek dink ons is nog, al het ons kontak verloor.

2) Ek het al saam met ‘n finalis van die Australiese Pop Idol kompetisie in my tuin rondom ‘n pakkie Gauloises Blondes (die geel pakkie) gekuier.

3) Ek rook nie.

4) My signature karaoke song is House of the Rising Sun.

5) Ek kan nie sing nie.

Waaroor wonder ek?

1) Hoe het vrouens dit reggekry om die wonders en genot van die facial solank vir mans weg te steek?

2) Daar is mense wat jou pad kruis en jy kry die gevoel dat julle sielsgenote is. Tog is julle ontmoeting kortstondig en ontwikkel daar nooit ‘n betekenisvolle vriendskap nie. Hoekom?

En nou ‘n gediggie van William Stafford. Sommer maar net.

At the Un-national Monument Along the Canadian Border

This is the field where the battle did not happen,
where the unknown soldier did not die.
This is the field where grass joined hands,
where no monument stands,
and the only heroic thing is the sky.

Birds fly here without any sound,
unfolding their wings across the open.
No people killed — or were killed — on this ground
hallowed by neglect and an air so tame
that people celebrate it by forgetting its name.

11 Kommentaar »

  1. met dank :)

  2. Jy laat my nou dink oor die verloof-ding…’n Verlowing word verbreek as iemand dit verbreek, ondanks of die ring (as daar een is) gehou word of teruggegee word. Dws niemand het ooit die verlowing verbreek, as sulks, nie en julle het bloot kontak verloor? Klink amper soos die oorlog tussen Suid-en Noord-Korea. Tegnies is die oorlog nog aan die gang omdat daar nooit ‘n vredesoreenkoms geteken is nie…

  3. NS: Mooi gedig!

  4. Sonkind said

    :lol: @ BiB oor die verlowing. George, as ek nou mag vra, was daar darem ‘n ring?

    Oor facials – ek gee elke jaar met Vadersdag een vir die Liefie present. Eers was hy aardig daaroor, nou kan hy nie wag nie en wil sommer tussen-in ook :lol:

  5. Roer said

    :lol: @ (4)
    Wens jy wil jouself ook onthul in ‘n paparazzi oomblik soos BiB.

  6. Rosalind ek stort my hart uit en kry net ‘n :) . Gmmff.

    Boer, jy stel dit so goed! Ek het nog nooit aan myself gedink is Suid-Korea nie. Ek neem dit as ‘n kompliment. Dankie.

    Sonkind, nee watse ring? Na baie tequila het dit na ‘n goeie idee gelyk. Facials is fantasties, maar enige iets minder as ‘n uur is onaanvaarbaar.

    Roer, hoe bedoel jy dan nou?

  7. Andrew said

    Nou wonder ek maar net, gedurende hierdie 10 jaar periode wat julle nie mekaar gesien het nie … ehm … was dit ‘n oop verhouding?

  8. Ek sekondeer Roer se versoek!

  9. Andrew, vir ‘n verhouding om oop te wees, moes daar ‘n verhouding gewees het! :lol:

    Boer en Roer. Die raad wat julle versoek moet goedkeur is tans op vakansie.

  10. Flip, jammer ek moes einlik ‘n smiley ingesit het maar ek weet nie hoe kom hom te maak nie, regtig.
    Dus smile ek by myself.

  11. maeree said

    daai gedig is aangrypend! dankie.

RSS feed for comments on this post · TrackBack URI

Lewer Kommentaar