Archive for December 5th, 2008
Koersverandering
Op 26 Desember sal hierdie blog 2 jaar oud wees. Baie water het al in die see geloop sedert hierdie inskrywing. Daar kan baie geskryf word oor die verskillende rigtings wat die blog ingeslaan het die afgelope twee jaar. Daar was hoogtepunte en laagtepunte. Maar nou ja, kom ons los maar die dooie koeie in die sloot.
Dit is al ‘n geruime tyd dat ek wik en weeg oor die rigting wat ek wil inslaan. Die ronddobbery was lekker, maar nou ook verby.
In die nuwe jaar trek riviersonderend ‘n nuwe baadjie aan, nie net wat ontwerp betref nie, maar ook inhoudelik. Uit die aard van die saak lees mense hier vir verskillende redes. Ek is seker daar is diegene wat sal aanhou lees en die koersverandering gaan geniet. Daar sal ook diegene wees wat nie gaan aanklank vind by die nuwe riviersonderend nie. Hoe dit ookal sy, verandering is onafwendbaar en soms nodig.
Maar nou is dit tyd om feestelik te wees. Geniet die feesseisoen en kyk na julleself.
Namasté.