riviersonderend

Archive for December 2008

‘n Sexy Kersfees vir almal

with 9 comments

Hoop julle het ‘n heerlike kerstyd en ‘n baie voorspoedige 2009. Mag daardie planne waaraan julle nou skaaf (want ‘n mens moet beplan) volgende jaar vlerke kry.

Kersvader sê dat hy julle in julle drome sal sien.

santa

En moenie bekommer nie, die elwe werk hard om te sorg dat julle kry wat julle verdien:

My wense vir julle vir volgende jaar kom uit John O’Donohue se boek Anam Cara: A Book of Celtic Wisdom.

A Friendship Blessing

May you be blessed with good friends.
May you learn to be a good friend to your self.
May you be able to journey to that place in your soul where there is
great love, warmth, feeling and forgiveness.
May this change you.
May it transfigure that which is negative, distant or cold in you.
May you be brought in to the real passion, kinship and affinity of belonging.
May you treasure your friends.
May you be good to them and may you be there for them;
may they bring you all the blessings, challenges, truth
and light that you need for your journey.
May you never be isolated; but may you always be in
the gentle nest of belonging with your anam cara.

Written by George Maru

23 December 2008 at 6:26

Posted in spiritualiteit

Tagged with

Vlug land uit, spirituele geweld en programmeringstale as gelowe

with 9 comments

Breyten Breytenbach raai jong Suid-Afrikaners in ‘n artikel in die jongste Harpers aan om Suid-Afrika te verlaat, as die verlies nie te groot sal wees nie.

‘n Voorstel om homoseksualiteit te dekriminaliseer word deur 66 lande by die VN ondersteun. In baie lande word homoseksualiteit met die doodstraf gestraf. Lande wat teen die voorstel gekant was, sluit al die moslemlande en die Vatikaan in (uit die aard van die saak). Twee lande wat hulle by hierdie lande geskaar het teen die voorstel? Amerika en Suid-Afrika (Zuma se uitsprake oor gays is bekend).

Die Australiese staat, Victoria, gaan voortaan laerskoolkinders se godsdiensopvoeding uitbrei en ruimte maak vir perspektiewe dat daar geen bonatuurlike magte of gode is nie. Die kirrikulum is ontwikkel deur die Humanistiese Vereniging van Victoria.

Obama kies Rick Warren, skrywer van Purpose Driven Life, om die gebed tydens sy inhuldiging te behartig. Gay-regte organisasies beskryf dit as sprituele geweld teen gays.

obama

Duisende mense word in slawerny gedwing in Darfoer deur die Janjaweed militia.

Ted Haggard, een van Amerika se bekendste fundamentalistiese predikers wat seks met ‘n manlike prostituut gehad het en dwelms gebruik het, sukkel nog steeds om oor sy gay siekte te kom. Blykbaar neem dit langer vir die drie weke program van Focus on the Family wat jou van gaygeit genees, om in te skop.

As programmeringstale gelowe was, watter taal sou watter geloof gewees het? Geen prys vir die persoon wat kan agterkom waar die skrywer se lojaliteite lê nie. Python se moer.

Vandag se gesneuwelde woorde is van Rick Warren, skrywer van Purpose Driven Life (in ‘n onderhoud met Steven Waldman):

As jy gays se verhoudings moet vergelyk, waarmee sal jy dit gelykstel? Kinderverkragters, natuurlik! (Ten minste is hy konsekwent in sy afkeur van mense wat nie soos hy is nie. Hy het ook vir ‘n Joodse vrou reguit gesê sy gaan hel toe, omdat sy ‘n Jood is.)

Steven Waldman: But what about, like, partnership benefits in terms of insurance or hospital visitation?

Rick Warren: You know, to me, not a problem with me.  But the issue to me is, I’m not opposed to that as much as I’m opposed to the redefinition of a 5,000-year definition of marriage. I’m opposed to having a brother and sister be together and call that marriage. I’m opposed to an older guy marrying a child and calling that a marriage. I’m opposed to one guy having multiple wives and calling that marriage.

Steven Waldman: Do you think, though, that they are equivalent to having gays getting married?

Rick Warren: Oh I do.

En oor hoe om kerke meer aanvaarbaar te maak vir mans (van David Marrow, een van Warren se sidekicks):

2. Decorate with men in mind. Most church buildings are adorned with quilts, flowers, lace, and banners. How do we expect men to connect with God in a room that looks like a beauty parlor?

Redecorate your worship space with men in mind. Take down the quilts and lace. Repaint using the colors of the field. Change your lighting. If you’ve got the guts, cover the walls with swords, shields, or maybe even mounted animal trophies.

Written by George Maru

21 December 2008 at 7:01

Ek wonder

with 11 comments

Rosalind het my getag om ‘n paar dinge oor myself te onthul en dan te vertel waaroor ek wonder.

Sonder verwyl dan ‘n paar dinge wat julle nie geweet het nie:

1) Ek is nou al seker 10 jaar verloof. Wel, ek dink ons is nog, al het ons kontak verloor.

2) Ek het al saam met ‘n finalis van die Australiese Pop Idol kompetisie in my tuin rondom ‘n pakkie Gauloises Blondes (die geel pakkie) gekuier.

3) Ek rook nie.

4) My signature karaoke song is House of the Rising Sun.

5) Ek kan nie sing nie.

Waaroor wonder ek?

1) Hoe het vrouens dit reggekry om die wonders en genot van die facial solank vir mans weg te steek?

2) Daar is mense wat jou pad kruis en jy kry die gevoel dat julle sielsgenote is. Tog is julle ontmoeting kortstondig en ontwikkel daar nooit ‘n betekenisvolle vriendskap nie. Hoekom?

En nou ‘n gediggie van William Stafford. Sommer maar net.

At the Un-national Monument Along the Canadian Border

This is the field where the battle did not happen,
where the unknown soldier did not die.
This is the field where grass joined hands,
where no monument stands,
and the only heroic thing is the sky.

Birds fly here without any sound,
unfolding their wings across the open.
No people killed — or were killed — on this ground
hallowed by neglect and an air so tame
that people celebrate it by forgetting its name.

Written by George Maru

16 December 2008 at 19:30

‘n Geloof sterf, massahisterie en paniek

with 8 comments

Dominee Richard Cizik bedank uit die National Association of Evangelicals nadat hy in ‘n onderhoud gesê het dat sy posisie oor gay huwelike besig is om te verander. Massahisterie het gevolg.

Die wêreld se oudste monoteïstiese geloof is besig om uit te sterf. Zoroastrianisme het ‘n invloed gehad op die leerstellinge van Judaïsme, Islam en die Christendom.

Jon Qwelane word voor die Gelykheidshof gedaag vir sy homofobiese uitsprake.

Tydens ‘n diens by die Greater Grace Temple is daar gevra dat God self ingryp en die Amerikaanse motorindustrie red. 3 4×4 voertuie van Ford, Chrysler en General Motors is op die verhoog geparkeer. Weird.

detroitchurch

Massapaniek het fundamentalistiese Christene beetgepak nadat hierdie storie in Newsweek verskyn het: The Religious Case for Gay Marriage.

Hierdie week se aanhaling, is met die komplimente van Pastoor Steve Kern:

We have to get rid of that and start curing those sinners. It’s past time that this nation stopped placating sin and start putting them in education programs. Courts can force drug offenders into treatment centers and violent people into anger management. There’s no reason our courts can’t do that with homos.

Written by George Maru

14 December 2008 at 9:36

Boodskap van Ray Boltz

with 11 comments

Waarom vir 1 Januarie wag? Natuurlik is daar geen goeie rede om te wag nie!

Sonder enige verwyl dus, die nuutste song van Ray Boltz, ‘n gospelsanger wat bekendheid verwerf het met sy treffer “Thank You”.

Ray Boltz was eens op ‘n tyd baie gewild onder evangelikale Christene gewees. Dit is egter nie meer die geval nie. Op 26 Desember 2004 toe die tsunami Suidoos-Asië getref het, is die Boltz familie met hulle eie tsunami gekonfronteer. Boltz kon nie langer ‘n leuen leef nie en het sy vrou van 33 jaar en 4 kinders die waarheid oor homself vertel.

Vandag het hy vrede en is hy gelukkig en maak hy weer musiek.

Written by George Maru

8 December 2008 at 19:25

Posted in musiek

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.