riviersonderend

Feestyd se wysie *

with 7 comments

Eintlik is ek vandag geweldig beneuk. Wel teoreties gesproke. As gevolg van asembenemende inkomptensie het ek die grootste deel van die naweek gewerk. Vanoggend moes ek my hand in ‘n verstopte drein druk om te verhoed dat die stortwater nie by die voordeur uitloop nie. En ek het Wham! se Last Christmas in die Spar oorleef.

Ek dink toe die term “silly season” uitgedink is, het die skepper van die term my in gedagte gehad. Dit is daardie tyd van die jaar. Hierdie tyd van die jaar het ‘n geneigdheid om my baie nederig te maak. Sommer oor dinge wat ek doen en gedoen het. En definitief gaan doen. Binnekort. :twisted:

Die volgende video som my gevoelens oor my gunstelingtyd van die jaar perfek op. Daar is werklik nie veel meer om te sê as om net na te dink oor die video se wysheid nie.

Hierdie een is op Bettie se baai eerskomende naweek.

 

(Binnekort sal riviersonderend ook begin hulde bring aan die fliek van 2008).

* As die titel jou met onwelvoeglike gedagtes gelaat het, blameer dit op Flippiefanus wat my oorspronklike titel gegaps het. :)

Written by George Maru

30 November 2008 at 20:18

Posted in sommer net

Tagged with , ,

7 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. George jou inskrywing het ‘n pragtige gepasde titel. ;-)

    flippiefanus

    1 December 2008 at 7:48

  2. I’ve just been booked off for stress, can’t handle the pressure at work any more, and have resigned from my company to start a new life in February 2009. Thanks for that happy song, I LOVED it and needed a bit of perking up. Right now I feel like nailing a shot of your happy tequila … without lemon and salt … just as is.

    PS. Moet nou eers die liedjie ‘n vierde keer speel. Dink julle ook die swart kitaar in die video lyk baie soos Sonkind se nuwe windgat Ibanez? :-)

    Andrew

    1 December 2008 at 14:56

  3. Flippiefanus, dankie. :lol:

    Andrew, it’s a pleasure. Take care and good luck with the new life. I think it is something everyone needs to do from time to time. Re-evaluate stuff and make appropriate changes. :)

    George Maru

    3 December 2008 at 7:50

  4. Ok, ek moet bieg dat ek nie seker is wat die boodskap van die liedjie is nie. Maar ek verstaan die verwysing na “silly season” veral tov die musiek in die winkels. Oei mense, student herinneringe aan Desembers by die OK Bazaars in PE – werksaam in die “cash office” onder Fatima se skerp tong en Bony M se xmas musiek wat oor en oor gespeel word. grrrr – nagmerries!

    amanda

    3 December 2008 at 8:10

  5. Kool Amanda, ek was ook op ‘n kol ‘n student in PE. Het soms gewerk by die Red Windmill, Ford in Uitenhage, kwekery in Patensie, tjokka gevang in
    Jeffries, kroegman in jol spots, elektroniese werkswinkel en nog meer ander plekke net om my studies te betaal. Aai wat wonderlike herineringe. *Sug ek wil my jeug terug he^* :-)

    Andrew

    3 December 2008 at 19:34

  6. Thanks George.

    Andrew

    3 December 2008 at 19:38

  7. Amanda, die boodskap: tequila maak mens gelukkig. :lol:

    George Maru

    5 December 2008 at 6:55


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.