Archive for November 30th, 2008
Feestyd se wysie *
Eintlik is ek vandag geweldig beneuk. Wel teoreties gesproke. As gevolg van asembenemende inkomptensie het ek die grootste deel van die naweek gewerk. Vanoggend moes ek my hand in ‘n verstopte drein druk om te verhoed dat die stortwater nie by die voordeur uitloop nie. En ek het Wham! se Last Christmas in die Spar oorleef.
Ek dink toe die term “silly season” uitgedink is, het die skepper van die term my in gedagte gehad. Dit is daardie tyd van die jaar. Hierdie tyd van die jaar het ‘n geneigdheid om my baie nederig te maak. Sommer oor dinge wat ek doen en gedoen het. En definitief gaan doen. Binnekort.
Die volgende video som my gevoelens oor my gunstelingtyd van die jaar perfek op. Daar is werklik nie veel meer om te sê as om net na te dink oor die video se wysheid nie.
Hierdie een is op Bettie se baai eerskomende naweek.
(Binnekort sal riviersonderend ook begin hulde bring aan die fliek van 2008).
* As die titel jou met onwelvoeglike gedagtes gelaat het, blameer dit op Flippiefanus wat my oorspronklike titel gegaps het.