riviersonderend

Die begin

with one comment

Opsoek na spiritualiteit: Proloog

Ek het gedog om die skrywery oor spiritualiteit op die regte noot af te skop, gaan ek ‘n gedig van T.T. Cloete plaas. Die gedig is uit die fenomenale digbundel, Met die aarde praat.

big bang

metdat die heelal sentrifugaal uitdy
3 miljoen kilometer per uur
   waarop gaan dit uitloop?
   waarheen is dit op loop?
en Einstein op ‘n geboë ligstraal ry
   waar sit die Bestier?
   is die kosmos geslote of oop?

metdat ons snoep eet, happies sout,
kwv-wyn drink en ons vermoei
met praatjies boud en stout
oor kalfies en waarheidjies soos ‘n koei

metdat die kontinente wegdryf
van mekaar sonder dat ons dit voel
sit ons sonder gordel veilig en styf
elkeen op sy ideotelogiese sitkamerriempiestoel

Written by George Maru

8 Oktober 2008 at 18:13

Een Reaksie

Subscribe to comments with RSS.

  1. oulike gedig, veral die laaste 2 reels is so waar.

    rosalindfranklin

    17 Oktober 2008 at 15:45


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.