Musiek vir jou iPod
As ek nie my plig nakom en die musiek van The National aan almal wat wil luister bekendstel nie, gaan ek soveel slegte karma versamel dat ek my volgende lewe as ‘n pterodaktiel gaan deurbring.
Ek is absoluut gek na Matt Berninger, die hoofsanger, se baritonstem. Dit is musiek waarna jy op jou iPod kan luister as jy deur die strate loop sonder om regtig na enige iets te kyk.
Daar is diegene wat beweer hulle lirieke is obskuur en stuurs. Ignoreer hulle.
Ek kon nie kies watter video om te plaas nie, toe plaas ek twee, alhoewel Slow Show dalk tog my gunsteling is.
Hier sing hulle Slow Show:
En hier sing hulle Apartment Story:
Ek het dit nie geken nie – Thanks! Ek hou ook meer van Slow Show. En ek dink glad nie die lirieke is stuurs en obskuur nie!
Sonkind
14 September 2008 at 18:22
inderdaad moerse nice! Thanks. Sien, dis mos my grootste vrees in die lewe, wel nie vrees nie, eintlik meer ‘n besef, en dit is dat ek beslis sal doodgaan voor ek al die great musiek in die lewe gehoor het….
Neil Kroese
14 September 2008 at 20:18
nice one – ek het onlangs op lowlands hier in Nederland ‘The Nationals’ gehoor. Duidelik ‘n ander band. Die melankolie van die boys is aansteeklik – gaan dit nou opsoek op iTunes!
Nesbit West
15 September 2008 at 14:06
Sonkind, ek stem!
Neil, ek kan met daai vrees identifiseer.
Nesbit, kyk vir hul nuutste, Boxer. Ongelooflik!
George Maru
16 September 2008 at 19:07