riviersonderend

Vreugde!

leave a comment »

Ek is mal oor goeie kortverhale. Die kortverhaal as genre word, na my mening, heeltemal onderskat. Dit toets skrywers se woordvernuf, want jy kry nie veel woorde om te sê wat jy bedoel nie. Goeie kortverhaalskrywers skets wêrelde, karakters en intriges met min woorde.

Na my mening is Annie Proulx een van die heel beste kortverhaalskrywers vandag. (Good grief, moenie nou vra wie sy is nie! Maar as jy regtig nie weet nie: sy is die skrywer van die roman, The Shipping News, wat verfilm is – sy was egter nie mal oor die eindproduk nie. Later is een van haar kortverhale, Brokeback Mountain, ook verfilm.)

Annie Proulx het die kortverhaal vervolmaak in haar bundels Close Range: Wyoming Stories en Bad Dirt: Wyoming Stories 2 oor die lewe in Wyoming (‘n staat in Amerika wat bekend is vir sy cowboys). Sy skryf onsentimenteel en is genadeloos met haar karakters. Die New York Times skryf oor hierdie stories: “But each of these collections bears Proulx’s brand of hard drama, hard irony, hard weather, and hard and soft characters blown about and many times destroyed by the powerful mix. Her sense of story is admirable, her sentences are artful, and she writes like a demon.

Sy is snaaks. Sy is donker. Sy skryf kompak. Sy skets mense in situasies buite hulle beheer teen die agtergrond van ongenaakbare en majestueuse landskappe.

Nou hoekom Annie Proulx se lof nou besing? Sy bring ‘n nuwe bundel kortvehale uit, getiteld: Fine Just the Way It Is (wat volgens die New York Times geparafraseer kan word as “Even if it’s broken, don’t fix it.”). En dit handel weer oor die lewe in Wyoming! Yay! As sy nou net ‘n bundel oor die landelike bestaan in Alaska wil skryf. Ek verstaan daar is goeie materiaal vir menige stories. :twisted:

O ja, en diegene wat dink hulle is te oud om te begin skryf: Annie Proulx het eers in haar 50s begin skryf.

Written by George Maru

6 September 2008 at 12:36

Posted in boeke

Tagged with , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.