Archive for September 2008
Wat is spiritualiteit?
Good grief! Ek sit nog ewe rustig en teug aan ‘n Sauvignon Blanc, terwyl ek boek lees op die internets, toe Annerkant die geraamtes van eens spekvet koeie uit die sloot gaan delwe het. Wel, dit is die tweede keer in twee dae wat Google my aangenaam verras het. Ek sal dit sommer oorweeg om Blogspot toe te skuif (nie rêrig nie; Blogspot is kak).
Annerkant se inskrywing oor die vraag na ‘n definisie van spiritualiteit, laat my besef dat ek sowaar iets te sê het oor die onderwerp.
Nee wag, ek voel skoon geïnspireerd om ‘n reeks daarvan te maak met die volgende onderafdelings:
1) Wat is spiritualiteit nie? Die verskille tussen spiritualiteit en geloof/godsdiens;
2) Wat spiritualiteit dan is en hoekom ek die term “spiritualiteit” verkies;
3) Die invloed van John Dewey: op reis na ‘n pragmatiese spiritualiteit; en
4) Amazing Grace: ‘n Sinvolle lewe sonder geloof, godsdiens en God (in 2 aflewerings).
Miskien verander ek bietjie aan die struktuur. Wie weet. Nietemin, wees gewaarsku: die blog gaan bietjie heavy raak vir die volgende ruk. Maar ek sal dit afwissel met ‘n youtubie of twee.
Belowe.
Die toorn van ‘n vrou en my gunsteling vampiere
Die Towerfluit tel sekerlik onder Mozart se bekendste operas. Dit vertel die verhaal van die Koningin van die Nag wat prins Tamino aanmoedig om haar dogter, Pamina, uit die kloue van Sarastro te red. Nadat Tamino ‘n portret van Pamina sien, raak hy terstond verlief op haar en stem in om haar te red.
Die planne werk egter nie mooi uit nie, aangesien Tamino ‘n dissipel van Sarastro raak nadat hy hom ontmoet. Sarastro is baie wys en nie so ‘n ondier soos wat die Koningin van die Nag beweer het nie. Sarastro weier egter dat Pamina na haar ma mag terugkeer, omdat die Koningin van die Nag mense bygelowig maak.
Nou teen die tyd is die Koningin van die Nag een ongelukkige vrou. Sy verskyn aan Pamina en gee haar ‘n dolk waarmee sy Sarastro moet vermoor. En die vrou is kwáád. Sy sing een van die bekendste opera arias: Die hel se wraak kook in my hart.
Kwáád. Moerig.
Sy sal vir Pamina onteien, verlaat, verwoes as sy nie gehoor gee aan haar moeder se opdrag nie. Eintlik is daar net een manier om die woede te ervaar. Luister self. Wikipedia skryf oor die aria: “The artistic demands of the dramatic context, a vengeful demand for murder, put a heavy demand on even the well-qualified voice.”
Kwaad. Bedonnerd.
Wat my bring by hierdie webwerf wat dramaties groei: Do not date him.
Vrouens (en, ek aanvaar mans) kan hier mans name en shame. As hy mislik was met jou, laai hom op die “do not date him” databasis. Soek vir name en die soekenjin deel gretig die skandale:
He is a very good looking “farm boy” who preys on the goodness of women (the more financially secure, the better, the older the better). He is a compulsive lier who introduces himself as an old school gentleman and withoug flinching spins the story of his fictional life as the bastard son of a wealthy and powerul Natal farmer. Claims he is an electrical engineer – I doubt he has matric.
En:
This loser was engaged to 2 of us at the same time without either of us ever having a clue! He is a pathological liar, bipolar, manipulative, confidence trickster who preys on beautiful, successful vulnerable women. He will tell you everything you want to hear – and lie about every word – by his own admission, but will only tell you 2 years later. He also kicked and mishandled the ‘other woman’ and broke down her flat. Her son had to threaten to hit with a golf club before he would leave her alone. He will embezzle money and sex out of you, cheat and lie, and then turn on sympathy / tears act to keep you on the line.
Good grief! Ek kan nogals aan een of twee persone dink wat daar hoort vir wie ‘n helse woede behoort te kook.
Nou ja, daar is seker mans wat dit werklik verdien, maar daar is seker ook diegene wat die slagoffers van ‘n gekrenkte ego is.
En om nou nie heeltemal af te wyk van die tema van bloedsuiers nie. My gunsteling vampiere! En ‘n bietjie musiek vir daardie somergevoel. Uiteindelik lyk dit of die somer hier is – ek hoop.
Vampire Weekend is vernoem na die amateurvideo van die hoofsanger, Ezra Koenig, waarin hy teen vampiere veg wat hom van sy maagdelikheid wil beroof.
Hier is hul heel vrolike song, A-Punk. Kom ons hoop die somer is hier om te bly!
Sela. Die einde.
En hiermee sluit ek my inskrywings oor Sarah Palin af. Enige persoon wat haar onderhoud met Katie Couric gesien het, behoort te weet sy is in die diepkant ingegooi met boeie om haar voete. Ek het haar selfs jammer gekry. Arme mens, sy is clueless!
Kathleen Parker skryf vir die konserwatiewe en Republikeinsgesinde National Review:
Palin didn’t make a mess cracking the glass ceiling. She simply glided through it.
It was fun while it lasted.
Palin’s recent interviews with Charles Gibson, Sean Hannity, and now Katie Couric have all revealed an attractive, earnest, confident candidate. Who Is Clearly Out Of Her League.
No one hates saying that more than I do. Like so many women, I’ve been pulling for Palin, wishing her the best, hoping she will perform brilliantly. I’ve also noticed that I watch her interviews with the held breath of an anxious parent, my finger poised over the mute button in case it gets too painful. Unfortunately, it often does. My cringe reflex is exhausted.
En:
If BS were currency, Palin could bail out Wall Street herself.
Sela. Die aftel het begin na Palin se aankondiging dat sy besluit het haar familie het haar nodiger as haar land.
Wie gaan McCain se nuwe vise-presidentkandidaat wees?
En daar was kleur
As ek moeg word vir die lewe in die stad, dan sluit ek my deur agter my en gaan vir ‘n wandeling in die stad.
Agter my huis is daar ‘n duin.
Aan die een kant waak Tafelberg oor haar kinders.
Aan die anderkant lê die sneeu nou al ‘n paar weke lank op die berge en die canolavelde is besig om hul kleur te verloor.
Tussen die duine, net ‘n paar treetjies van al die gejaag, word daar lente gehou.
***
As jy gelukkig is, mag jy dalk van die uiters gevaarlike wilde diere wat tussen die duine skuil, te siene kry.
Ek weet nie hoe mens hierdie outjie roep nie – hy lyk egter lewensgevaarlik. Dit is nou as jy hom kan raaksien.
Ek was ook bevoorreg om ‘n foto van die uiters skugtere – maar dodelike – duinebeer te kon neem.
Asook ‘n foto van die werfwolf. Die werfwolf is bekend vir die feit dat sy na wind hap as sy baie gelukkig is en onnatuurlik hard snork as sy slaap.
Raakgelees
“A group cannot have a self-identity unless there is an Other against which to measure itself; exclusion is required for the self-identity of any group, whether it fits the ideal definition of community or not.” – Rick Parrish






