Hoe ek voel
Ek voel die hele dag nog ‘n bietjie so.
In elk geval, gister was ‘n belangrike dag. Madonna – moeder, rebel, vrou, kabbalis, en heilige – het 50 geword. Om die geleentheid te vier, het ek ‘n Youtubie gaan soek. Makliker gesê as gedaan, want watter song kies mens van haar? Na diep besinning, het ek op die volgende video besluit vir ooglopende redes.
Hiermee wil ek ‘n pleidooi lewer dat flannel ‘n terugkeer tot ons modebewussyn sal maak.
(Die foto is van Scissor Sisters se Jake Shears vir die nuwe uitgawe van Butt.)

breebors hammelstert
ma se seun is niksi werd…
johannes coetzee
18 Augustus 2008 at 12:40
Grapjas.
George Maru
20 Augustus 2008 at 7:28
jy het vergeet sy is ook ” soos ‘n maagd” en ‘n uber-rebel. sy IS net daar om namens ons haarself te her-ontplooi.
rosalindfranklin
20 Augustus 2008 at 17:39
ek’s mal oor jou “ek voel so” fototjie, ek is lig groen oor jy so mooi manier kon kry om die gevoel te beskryf, ek voel so elke oggend as ek uit die bed moet klim in die laaang kaapse winter (lig groen is ‘n mooi groen, nie soos monster groen nie)
2dayi
9 September 2008 at 21:13
Eina tog my skat kom ons probeer asyn
ek het die ouboet van alle hoofpyn
o die liewe naarheid
nou besef ek eers die waarheid
dis vreeslik hierdie wrede babalaas
Vat my na ‘n spoorwegstasie
‘n boomplantasie
vergeet die inflasie
is ek versprei oor ‘n wye spasie
Hoe’t ek my gedra…?
Nooit nooit weer
nooit nooit weer
eina tog my kop is seer
die mannetjie die hammer weer
‘n babalaas niks kan dit keer
Hoe’t ek my gedra…?*
die res van die woorde kan ek nie meer onthou…
maar dis woorde wat die waarheid in Jesaja 5:22 baie mooi uitspel
(Jesaja 5:22) Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;
*(met erkenning aan ou blikkies ‘n studentevriend van my wat hierdie song geskryf het)
johannes coetzee
10 September 2008 at 14:39
Johannes, jy sal dat ek verstik in my bobotie van die lag!
2dayi, hallo, dink nie ons het al ontmoet nie.
George Maru
10 September 2008 at 19:13