Archive for Augustus 17th, 2008
Hoe ek voel
Ek voel die hele dag nog ‘n bietjie so.
In elk geval, gister was ‘n belangrike dag. Madonna – moeder, rebel, vrou, kabbalis, en heilige – het 50 geword. Om die geleentheid te vier, het ek ‘n Youtubie gaan soek. Makliker gesê as gedaan, want watter song kies mens van haar? Na diep besinning, het ek op die volgende video besluit vir ooglopende redes.
Hiermee wil ek ‘n pleidooi lewer dat flannel ‘n terugkeer tot ons modebewussyn sal maak.
(Die foto is van Scissor Sisters se Jake Shears vir die nuwe uitgawe van Butt.)
