Hier is nie lewe nie!
Mense, hierdie blog bestaan nie meer nie. Het julle geen respekte vir die dooies nie? Laat hulle met rus.
Maar in elk geval. Terwyl ons nou midde in die (Johannes, druk toe die oë) séance is, okay, goed dan.
Ek is die afgelope tyd (wel langer) nie eintlik lus vir blog nie. Veral nie enige iets “diep” nie. Die diepste waarmee ek op die oomblik kan cope, is Perez Hilton se blog. Rêrig. Ek dink nie dit is noodwendig ‘n slegte ding dat ek julle dit spaar nie.
Ek vermoed dit het alles met die M-woord te doen. Onlangs het ek amptelik aangekondig dat ek nou my derde midlife crisis binnegegaan het. En dit moet hand en tand beveg word. Met ‘n avontuur.
So, my tyd word in beslag geneem deur te bepaal in watter land ek wil gaan bly. ‘n Kortlys is opgestel. Lande wat nie aan die eerste vereiste voldoen nie, is summier gediskwalifiseer (jaarlikse verlof volgens wet >= 20). Die hele Noord-Amerika het uitgeval. Sad.
Die kortlys bestaan nou uit lande in Europa en Oseanië, naamlik: Nederland, Denemarke, Australië en Nieu-Seeland. Twee buiteperde: Ierland en Engeland/Skotland (hoop nie die Skotte neem aanstoot nie).
Is dit vir altyd? Wie sal weet? Gelukkig hoef ek daardie vraag nie nou te antwoord nie.
Nou ja, die blog sal seker weer herleef. Maar dit is steeds opsoek na ‘n identiteit.
Ai tog! *sug*. Trek dan maar, as jy moet, maar moet tog nie helemaal ophou skryf nie – al skryf jy net oor Perez Hilton
Of laat jou onrustige gees dan maar aanhou skryf, terwyl jy nou saam met die spoke speel.
Sonkind
14 Augustus 2008 at 19:45
whoo-hoo
maeree
15 Augustus 2008 at 13:41
klink my jy het uiteindelik daar aangekom…!?
“moer toe die vreemde in”
http://riviersonderend.net/2007/04/12/moer-toe-die-vreemde-in/#comments
nou wil jy na nog meer “waterlose plek” toe moer…!
Moenie die “nuwe jerusalem” uit die oog verloor, dis nie meer ver…
Sterkte
2011-groete
johannes coetzee
15 Augustus 2008 at 13:53
Sonkind, moenie so sug nie.
Maeree, vergewe my. Ek gaan weer skryf.
Johannes, van watter waterlose plek praat jy?
George Maru
17 Augustus 2008 at 18:22
George
Die “eerste wêreld” het miskien baie geld en minder crime, maar hulle is oor die algemeen geestelik gesproke brandarm en “waterloos”…!
johannes coetzee
18 Augustus 2008 at 12:27
Ek is BAIE bly hierdie blog bestaan nog en dat daar nog hope lewe is!
boerinballingskap
20 Augustus 2008 at 16:50
Boer, julle is genadeloos. Genadeloos!
George Maru
21 Augustus 2008 at 7:23
(Mat 12:20) ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie…..
johannes coetzee
21 Augustus 2008 at 14:51
Johannes, ek gee jou sommer ‘n drukkie.
George Maru
22 Augustus 2008 at 18:13