Archive for Augustus 14th, 2008
Hier is nie lewe nie!
Mense, hierdie blog bestaan nie meer nie. Het julle geen respekte vir die dooies nie? Laat hulle met rus.
Maar in elk geval. Terwyl ons nou midde in die (Johannes, druk toe die oë) séance is, okay, goed dan.
Ek is die afgelope tyd (wel langer) nie eintlik lus vir blog nie. Veral nie enige iets “diep” nie. Die diepste waarmee ek op die oomblik kan cope, is Perez Hilton se blog. Rêrig. Ek dink nie dit is noodwendig ‘n slegte ding dat ek julle dit spaar nie.
Ek vermoed dit het alles met die M-woord te doen. Onlangs het ek amptelik aangekondig dat ek nou my derde midlife crisis binnegegaan het. En dit moet hand en tand beveg word. Met ‘n avontuur.
So, my tyd word in beslag geneem deur te bepaal in watter land ek wil gaan bly. ‘n Kortlys is opgestel. Lande wat nie aan die eerste vereiste voldoen nie, is summier gediskwalifiseer (jaarlikse verlof volgens wet >= 20). Die hele Noord-Amerika het uitgeval. Sad.
Die kortlys bestaan nou uit lande in Europa en Oseanië, naamlik: Nederland, Denemarke, Australië en Nieu-Seeland. Twee buiteperde: Ierland en Engeland/Skotland (hoop nie die Skotte neem aanstoot nie).
Is dit vir altyd? Wie sal weet? Gelukkig hoef ek daardie vraag nie nou te antwoord nie.
Nou ja, die blog sal seker weer herleef. Maar dit is steeds opsoek na ‘n identiteit.