Archive for Augustus 2008
Die betekenis van liefde
Good grief! Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n gedig hier geplaas het nie. Dit is weer tyd.
Sonder versuim dan ‘n gedig van een van my gunstelingdigters, Rumi.
Both light and shadow
are the dance of Love.
Love has no cause;
it is the astrolabe of God’s secrets.
Lover and Loving are inseparable
and timeless.
Although I may try to describe Love
when I experience it I am speechless.
Although I may try to write about Love
I am rendered helpless;
my pen breaks and the paper slips away
at the ineffable place
where Lover, Loving and Loved are one.
Every moment is made glorious
by the light of Love.
Geluk Kaapstad!
Kaapstad verskyn as die derde duurste eiendom op die nuwe Wêreld Monopoly bordspel. Die volledige lys van die 22 stede wat gekies is, is as volg:
* Dark Blue: Montreal, Canada; Riga, Latvia
* Green: Cape Town, South Africa; Belgrade, Serbia; Paris, France
* Yellow: Jerusalem, Israel; Hong Kong, China; Beijing, China
* Red: London, England; New York, USA; Sydney, Australia
* Orange: Vancouver, Canada; Shanghai, China; Rome, Italy
* Magenta: Toronto, Canada; Kyiv (Kiev),Ukraine; Istanbul, Turkey
* Light Blue: Athens, Greece; Barcelona, Spain; Tokyo, Japan
* Brown: Taipei, Taiwan; Gdynia, Poland
Hoe ek voel
Ek voel die hele dag nog ‘n bietjie so.
In elk geval, gister was ‘n belangrike dag. Madonna – moeder, rebel, vrou, kabbalis, en heilige – het 50 geword. Om die geleentheid te vier, het ek ‘n Youtubie gaan soek. Makliker gesê as gedaan, want watter song kies mens van haar? Na diep besinning, het ek op die volgende video besluit vir ooglopende redes.
Hiermee wil ek ‘n pleidooi lewer dat flannel ‘n terugkeer tot ons modebewussyn sal maak.
(Die foto is van Scissor Sisters se Jake Shears vir die nuwe uitgawe van Butt.)
Hier is nie lewe nie!
Mense, hierdie blog bestaan nie meer nie. Het julle geen respekte vir die dooies nie? Laat hulle met rus.
Maar in elk geval. Terwyl ons nou midde in die (Johannes, druk toe die oë) séance is, okay, goed dan.
Ek is die afgelope tyd (wel langer) nie eintlik lus vir blog nie. Veral nie enige iets “diep” nie. Die diepste waarmee ek op die oomblik kan cope, is Perez Hilton se blog. Rêrig. Ek dink nie dit is noodwendig ‘n slegte ding dat ek julle dit spaar nie.
Ek vermoed dit het alles met die M-woord te doen. Onlangs het ek amptelik aangekondig dat ek nou my derde midlife crisis binnegegaan het. En dit moet hand en tand beveg word. Met ‘n avontuur.
So, my tyd word in beslag geneem deur te bepaal in watter land ek wil gaan bly. ‘n Kortlys is opgestel. Lande wat nie aan die eerste vereiste voldoen nie, is summier gediskwalifiseer (jaarlikse verlof volgens wet >= 20). Die hele Noord-Amerika het uitgeval. Sad.
Die kortlys bestaan nou uit lande in Europa en Oseanië, naamlik: Nederland, Denemarke, Australië en Nieu-Seeland. Twee buiteperde: Ierland en Engeland/Skotland (hoop nie die Skotte neem aanstoot nie).
Is dit vir altyd? Wie sal weet? Gelukkig hoef ek daardie vraag nie nou te antwoord nie.
Nou ja, die blog sal seker weer herleef. Maar dit is steeds opsoek na ‘n identiteit.
