Longyearbyen se begraafplaas aanvaar al vir 70 jaar nie meer nuwe inwoners nie. Sou jy ooit na hierdie dorpie in Svalbard (eilande in die Arktiese sirkel wat aan Noorweë behoort) kom, maak seker dat jy nie ernstig siek is nie. Jy sal op die eerste vliegtuig na ‘n ander bestemming in Noorweë geplaas word, want jy mag nie daar doodgaan nie. Niemand gaan jou begrawe nie en daar is ook nêrens om jou te begrawe nie.
Die rede vir die vreemde besluit, is dat liggame wat in die begraafplaas begrawe word nie ontbind nie.
As gevolg van ‘n permanente yslaag, is dit ook die perfekte plek vir die sogenaamde “Doomsday Vault”. Hier word miljoene sade gestoor sou ‘n katastrofe, soos ‘n atoombom, die aarde tref.
Die son skyn onafgebroke van 19 April tot 23 Augustus en word nooit gesien tussen 28 Oktober en 14 Februarie nie.
Svalbard se Toerismeraad gee die volgende raad aan toeriste wat die eiland alleen wil verken:
Polar bears are essentially everywhere on Svalbard – also during the summer. We therefore recommend that you bring a weapon with you on all trips outside of the settlements. Large-bore rifles are absolutely the best defence against polar bears. If you do not have any weapon training, you should only go on organised tours with local guides.
Ysbere word beskerm en jy mag ‘n beer slegs uit selfverdediging doodmaak – moenie daarop staatmaak dat ysbere die plaaslike verbod op doodgaan sal eerbiedig nie. Sou jy een geskiet het, moet jy Svalbard se goeweneur gaan inlig.
Bronne: BBC en Svalbard Toerisme
Om af te sluit, drie gedagtes vir die week (uit Tom Robbins se roman Still Life with Woodpecker):
“There are two kinds of people in this world : those who believe there are two kinds of people in this world and those who are smart enough to know better.”
“Funny how we think of romance as always involving two, when the romance of solitude can be ever so much more delicious and intense.”
“If you’re honest, you sooner or later have to confront your values. Then you’re forced to separate what is right from what is merely legal. This puts you metaphysically on the run. America is full of metaphysical outlaws.”

rosalindfranklin said
Wonderlik, die regulasie dat jy nie ‘n ysbeer mag doodmaak nie. Ek wens ons kan dit uitbrei na ander spesies en plekke.
Dankie vir die gedagtes van die week: Ek hou van “solitude”, daarom het ek nie ‘n radio in my motor nie.
Sonkind said
Ek het net begin dink ek sal in daai dorpie wil gaan bly, toe lees ek daar is geen son tussen Oktober en Februarie nie
Rooskind, ek wonder altyd oor mense wat nie in hul huis kan wees sonder dat die TV of radio aan is nie. Vir my is stilte soms die beste ding en daar gaan dae verby dat ek nie my motor se radio aansit nie, al is ek tog baie lief vir musiek.
kaalvoetinireen said
Ek sal ook nie oorleef sonder die son vir so lank nie! Son, weet jy wat is die ergste??? Mense wat hull skottels en TV’s saamvat op vakansie!!! Dis om van naar te word! Dis die laaste plek waar ek wil TV kyk…dan haal mens inop jou leeswerk en spandeer ure op die strand!
George Maru said
Rosalind, al die ander diere op die eilande, voëls inkluis, word beskerm. Hulle voel nogals ernstig oor hulle omgewing daar lyk dit my.
Nee, Sonkind, jy sal doodgaan daar en jy mag nie.
Kaalvoetinireen, ek is self nie mal oor TV op vakansie nie (nou nie dat ek in elk geval TV kyk as ek nie op vakansie is nie), maar verskillende goed werk seker maar vir verskillende mense.