Archive for Julie 13th, 2008
Hier mag jy nie doodgaan nie
Longyearbyen se begraafplaas aanvaar al vir 70 jaar nie meer nuwe inwoners nie. Sou jy ooit na hierdie dorpie in Svalbard (eilande in die Arktiese sirkel wat aan Noorweë behoort) kom, maak seker dat jy nie ernstig siek is nie. Jy sal op die eerste vliegtuig na ‘n ander bestemming in Noorweë geplaas word, want jy mag nie daar doodgaan nie. Niemand gaan jou begrawe nie en daar is ook nêrens om jou te begrawe nie.
Die rede vir die vreemde besluit, is dat liggame wat in die begraafplaas begrawe word nie ontbind nie.
As gevolg van ‘n permanente yslaag, is dit ook die perfekte plek vir die sogenaamde “Doomsday Vault”. Hier word miljoene sade gestoor sou ‘n katastrofe, soos ‘n atoombom, die aarde tref.
Die son skyn onafgebroke van 19 April tot 23 Augustus en word nooit gesien tussen 28 Oktober en 14 Februarie nie.
Svalbard se Toerismeraad gee die volgende raad aan toeriste wat die eiland alleen wil verken:
Polar bears are essentially everywhere on Svalbard – also during the summer. We therefore recommend that you bring a weapon with you on all trips outside of the settlements. Large-bore rifles are absolutely the best defence against polar bears. If you do not have any weapon training, you should only go on organised tours with local guides.
Ysbere word beskerm en jy mag ‘n beer slegs uit selfverdediging doodmaak – moenie daarop staatmaak dat ysbere die plaaslike verbod op doodgaan sal eerbiedig nie. Sou jy een geskiet het, moet jy Svalbard se goeweneur gaan inlig.
Bronne: BBC en Svalbard Toerisme
Om af te sluit, drie gedagtes vir die week (uit Tom Robbins se roman Still Life with Woodpecker):
“There are two kinds of people in this world : those who believe there are two kinds of people in this world and those who are smart enough to know better.”
“Funny how we think of romance as always involving two, when the romance of solitude can be ever so much more delicious and intense.”
“If you’re honest, you sooner or later have to confront your values. Then you’re forced to separate what is right from what is merely legal. This puts you metaphysically on the run. America is full of metaphysical outlaws.”
