riviersonderend

Archive for Julie 11th, 2008

Gobbledigook

with 6 comments

Ek wonder hoeveel bloggers blaai deur hulle argiewe en wens dat hulle sekere inskrywings nie gemaak het nie?

Soms (wel meestal) dink ek ons mis die bigger picture. Dat mens vergeet hoe lief jy is vir die mense van wie jy verskil. Dat daardie omgee dalk al is wat saak maak when all has been said and done. Dat jy tog maar daai kans moes geneem het in die reën onder die boom in Versailles se tuine. Dalk sou jy jou naam gat gemaak het met daai soen. Dalk nie. Dat dit tog nie saak maak dat Mystic Boer se tequilas nie saam met suurlemoen en sout bedien word nie. Dat Nana Mouskouri rock. Big time. En cool brille dra. Dat jy nie genoeg dans nie. Dat jy nie genoeg dans nie. (Dit is regtig die moeite werd om op die link te kliek. G.l.o.m.y. Check daai girl van Soweto – groovy baby.)

Soms raak almal die pad ‘n bietjie byster. Selfs CNN Money “Fannie and Freddie: A Wild Ride“. Vandag stres almal oor die petrolprys en die aandelebeurs. Môre dat hulle happy is en ander nie. Dat jy my te lief het. Dat jy my te min lief het. Ensovoorts. En jy wonder hoe mens koebaai sê vir die fynbos, die berg, die wynlande, die wêreld wat jy liefhet? Koos Kombuis sing: “Ek het jou lief, ek het jou lief soos die Kaap.” En Koos du Plessis dink aan die winter wat weer kom en die somerson wat skyn op die velde van Transvaal.

En ou Amsterdam se gragte.

En Johannes Kerkorrel sing van mense wat vir ‘n oomblik weer mekaar se taal verstaan, van mense wat soms so wreed kan wees, en dan weer soveel kan gee.

So. Ja. Dit is die lewe.

En dít is die lewe. Beeld en vibe verskaf met vriendelike komplimente van Sigur Ros (for the long suffering people of the Cape wat oorleef te midde van storms, water en al daai drama).

Written by George Maru

11 Julie 2008 at 23:13

Posted in musiek, sommer net

Tagged with ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.