Archive for Julie 2008
Chitty Chatty Bang Bang
Na ‘n lang siekbed, het die pasiënt vandag, 22 Julie 2008, om 16:14 gesterf.
Reaksie op die nuus stroom van oraloor in.
Hier volg enkele reaksies van prominente persoonlikhede.
W.H. Auden: “Stop all the clocks, cut off the telephone, prevent the dog from barking with a juicy bone, silence the pianos and with muffled drum, bring out the coffin, let the mourners come.”
Voltaire: “He was a great patriot, a humanitarian, a loyal friend – provided, of course, that he really is dead.”
Mae West het eens oor die pasiënt opgemerk: “A hard man is good to find.”
By die aanhoor van die nuus, het Elie Wiesel heel filosofies opgemerk: “The opposite of love is not hate, it’s indifference. The opposite of art is not ugliness, it’s indifference. The opposite of faith is not heresy, it’s indifference. And the opposite of life is not death, it’s indifference.”
En Tracy Chapman het versoek: “Will the crowd disperse? I think we all could use some sleep.”
Maar niemand kon die heersende stemming by die aanhoor van die nuus beter opgesom het as Transvision Vamp nie:
En hoe kan mens Douglas Adams vergeet?
“So long, and thanks for all the fish.”
Ciao
Time out!
So rukkie terug het ek die winter die winter van rock verklaar. Tog. Soms moet mens weer bietjie agteroorsit en rustig asemhaal.
Dankie tog vir Rob Thomas!
When the hour is upon us
And our beauty surely gone
No you will not be forgotten
Naakrugby
Al ooit gewonder hoe die Nieu-Seelanders voorberei vir ‘n belangrike wedstryd, uhm soos byvoorbeeld teen Suid-Afrika in die House of Pain?
Hulle gaan speel naakrugby op Dunedin se St. Kilda-strand. Natuurlik!
Hier word ‘n arme ten volle geklede naler getackle.
En nou is hulle gereed vir die Bokke.
Nog foto’s hier beskikbaar op die Daily News se webwerf.
Hier mag jy nie doodgaan nie
Longyearbyen se begraafplaas aanvaar al vir 70 jaar nie meer nuwe inwoners nie. Sou jy ooit na hierdie dorpie in Svalbard (eilande in die Arktiese sirkel wat aan Noorweë behoort) kom, maak seker dat jy nie ernstig siek is nie. Jy sal op die eerste vliegtuig na ‘n ander bestemming in Noorweë geplaas word, want jy mag nie daar doodgaan nie. Niemand gaan jou begrawe nie en daar is ook nêrens om jou te begrawe nie.
Die rede vir die vreemde besluit, is dat liggame wat in die begraafplaas begrawe word nie ontbind nie.
As gevolg van ‘n permanente yslaag, is dit ook die perfekte plek vir die sogenaamde “Doomsday Vault”. Hier word miljoene sade gestoor sou ‘n katastrofe, soos ‘n atoombom, die aarde tref.
Die son skyn onafgebroke van 19 April tot 23 Augustus en word nooit gesien tussen 28 Oktober en 14 Februarie nie.
Svalbard se Toerismeraad gee die volgende raad aan toeriste wat die eiland alleen wil verken:
Polar bears are essentially everywhere on Svalbard – also during the summer. We therefore recommend that you bring a weapon with you on all trips outside of the settlements. Large-bore rifles are absolutely the best defence against polar bears. If you do not have any weapon training, you should only go on organised tours with local guides.
Ysbere word beskerm en jy mag ‘n beer slegs uit selfverdediging doodmaak – moenie daarop staatmaak dat ysbere die plaaslike verbod op doodgaan sal eerbiedig nie. Sou jy een geskiet het, moet jy Svalbard se goeweneur gaan inlig.
Bronne: BBC en Svalbard Toerisme
Om af te sluit, drie gedagtes vir die week (uit Tom Robbins se roman Still Life with Woodpecker):
“There are two kinds of people in this world : those who believe there are two kinds of people in this world and those who are smart enough to know better.”
“Funny how we think of romance as always involving two, when the romance of solitude can be ever so much more delicious and intense.”
“If you’re honest, you sooner or later have to confront your values. Then you’re forced to separate what is right from what is merely legal. This puts you metaphysically on the run. America is full of metaphysical outlaws.”
Gobbledigook
Ek wonder hoeveel bloggers blaai deur hulle argiewe en wens dat hulle sekere inskrywings nie gemaak het nie?
Soms (wel meestal) dink ek ons mis die bigger picture. Dat mens vergeet hoe lief jy is vir die mense van wie jy verskil. Dat daardie omgee dalk al is wat saak maak when all has been said and done. Dat jy tog maar daai kans moes geneem het in die reën onder die boom in Versailles se tuine. Dalk sou jy jou naam gat gemaak het met daai soen. Dalk nie. Dat dit tog nie saak maak dat Mystic Boer se tequilas nie saam met suurlemoen en sout bedien word nie. Dat Nana Mouskouri rock. Big time. En cool brille dra. Dat jy nie genoeg dans nie. Dat jy nie genoeg dans nie. (Dit is regtig die moeite werd om op die link te kliek. G.l.o.m.y. Check daai girl van Soweto – groovy baby.)
Soms raak almal die pad ‘n bietjie byster. Selfs CNN Money “Fannie and Freddie: A Wild Ride“. Vandag stres almal oor die petrolprys en die aandelebeurs. Môre dat hulle happy is en ander nie. Dat jy my te lief het. Dat jy my te min lief het. Ensovoorts. En jy wonder hoe mens koebaai sê vir die fynbos, die berg, die wynlande, die wêreld wat jy liefhet? Koos Kombuis sing: “Ek het jou lief, ek het jou lief soos die Kaap.” En Koos du Plessis dink aan die winter wat weer kom en die somerson wat skyn op die velde van Transvaal.
En ou Amsterdam se gragte.
En Johannes Kerkorrel sing van mense wat vir ‘n oomblik weer mekaar se taal verstaan, van mense wat soms so wreed kan wees, en dan weer soveel kan gee.
So. Ja. Dit is die lewe.
En dít is die lewe. Beeld en vibe verskaf met vriendelike komplimente van Sigur Ros (for the long suffering people of the Cape wat oorleef te midde van storms, water en al daai drama).


