riviersonderend

Archive for Junie 2008

Geluk Noorweë!

with 3 comments

Dit is amptelik. In die land van Kersvader en trolle, mag gays nou trou. Noorweë laat burgerlike verbintenisse reeds sedert 1993 toe. Die beleid is toenemend veroordeel dat dit gediskrimineer het.

Vandag het die parlement met 84 stemme teen 41 besluit om die huwelikswet genderneutraal te maak. Dit beteken onder andere dat gays nou ook kinders kan aanneem en in die kerk mag trou.

Opponente van die wetgewing is hoogs ontsteld, want hulle meen dat dit daartoe sal lei dat Kersvader se kabouters en die trolle nou met mekaar gaan wil kafoefel.

Noorweë sluit hom nou aan by Nederland, België, Spanje, Kanada en Suid-Afrika wat reeds selfdegeslag-huwelike gewettig het. Daar word verwag dat ander Skandinawiese lande binnekort Noorweë sal volg deur burgerlike verbintenisse te verruil vir volwaardige huwelike.

As Noorweë nou net ophou met die sinnelose, onetiese jag van walvisse, mag ek die land selfs as sosiaal progressief en ontwikkeld klassifiseer.

Written by George Maru

11 Junie 2008 at 22:42

Posted in gay regte, nuus

Tagged with ,

Dis amptelik. My affair met Facebook is verby.

with 10 comments

Gisteraand vir die een of ander obskure rede kliek ek op ‘n skakel – diegene wat Facebook ken sal weet dat jy ‘n oneindige hoeveelheid uitnodigings kry. Die een program vertel vir jou wat jou gunsteling onderbroek is (kleure, patrone en materiale ingesluit). Die ander program vertel vir jou of jy ‘n hensopper en onAfrikaans is (ek is toevallig, sou jy gewonder het).

So ontdek ek Speed Dating.

Dit is ‘n program wat jou toelaat om deur die hele Facebook populasie te draf op soek na The One. Of net ‘n bietjie pret. Ongelukkig kan jy slegs een geslag kies wat jou kanse dus halveer. So ek oordryf effe, jy kan net deur die helfte van die Facebook populasie draf.

Alles goed en wel, tot ek die skakel kliek en Speed Dating ewe ongeërg uitbasuin watter van my vriende die grootste gebruikers van Speed Dating is. Bo en behalwe vir die feit dat sommige van die topgebruikers nie Speed Dating behoort te gebruik nie ( :twisted: ), het ek my moer gestrip. Facebook het vir my die grense oorgesteek van wat ek beskou as my reg op privaatheid.

Dus: ek gaan my teenwoordigheid aansienlik afskaal. riviersonderend se Facebook-ambassadeur word teruggeroep vir verdere konsultasie. Die posbode bly vir eers.

As ek nou net Twitter aan die werk kan kry, kan ek vir alles en almal wat belangstel laat weet wat ek elke oomblik van die dag doen. Of ek is besonders tegnologies-gestremd, of Twitter is bedoel vir mense met ‘n meestersgraad in Fisika.

Written by George Maru

4 Junie 2008 at 20:30

Posted in sommer net

Tagged with ,

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.