Business as usual
Iewers in Afrika…
Thabo Mbeki, Robert Mugabe en Ton Vosloo sê hulle sê oor gebeure in Zimbabwe…
Jandré de Milander, besturende direkteur van Paarl Web, reageer as volg op ‘n vraag oor hoe hy voel dat die Naspers-filiaal werk vir Zanu PF gedoen het:
It is irrelevant what my feelings now are. This has nothing to do with you. Is ZanuPF a terrorist organization? Why shouldn’t we do business with them? I have nothing further to say to you. I can’t give you any further comment.
‘n Man wat aan geen rede kan dink om nie met moordenaars en verkragters besigheid te doen nie, het wragtig geen morele kompas oor nie.

George hulle het ‘n kompas maar dit werk soos captain Jack Sparrow s’n. Die enigste voordeel wat Jack Sparrow het bo hierdie ander rowers is dat hy sy geld eerbaar verdien en dat die wereld hom nog respekteer…!
johannes coetzee
25 Junie 2008 at 8:42
Maar soos enige ding in SA, misdaad is een van die grootste besighede in die land, nie net die krims maak geld nie, maar ook sekuriteits maatskappye, alarm maatskappye, versekerings maatskappye, ens, ens, ens, …. o tot die pers ook…!
Thinus
25 Junie 2008 at 15:14
If you believe in freedom of speech, you believe in freedom of speech for views you don’t like.
alleman
26 Junie 2008 at 2:29
Johannes, Jack Sparrow?! Jack is cool. Die ander Jack ook!
Thinus, inderdaad. Hartseer, maar waar.
George Maru
26 Junie 2008 at 10:10
In ‘n mate kry ek vir Jandre de Milander jammer. Sy weet 10 teen 1 nie veel van die politieke toestand in Zim af nie, want ek kan nie dink dat sy met so ‘n kontrak sou voortgaan, indien sy enigsins ingeligd was nie. Dis al rede waaraan ek kan dink waarom die kontrak aanvaar is…Ek dink ook dit sou meer gepas wees om eerder Jandre se foto te gebruik ipv Ton s’n.
Alleman, ek kan ongelukkig nie saam met Eve se standpunte stem nie. Vryheid van spraak is ‘n bree kleed, maar dit kan net optrede tot op ‘n sekere punt bedek. Geen maatskappy behoort onder enige omstandighede dienste of produkte te lewer wat direk of indirek menseregte benadeel nie. Ek is skaam dat dit nou juis ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy (Paarl Web) moes wees wat hierdie diens aan Mugabe gelewer het.
boerinballingskap
26 Junie 2008 at 18:07
Ek het nie veel tyd vir Max du Preez nie, maar wat hy hieroor se^ is waar: “Why is it morally more reprehensible to accept a bribe than to offer someone a bribe? Why is it ethically fine for private companies to have friendly dealings with evil regimes, but not for governments?”
http://www.news24.com/News24/Columnists/Max_du_Preez/0,,2-1630-2148_2350478,00.html
Roer
2 Julie 2008 at 15:41