Dinsdag 17 Junie word Firefox 3 bekendgestel. Firefox gaan probeer om ‘n nuwe Guinness wêreldrekord op te stel vir die meeste downloads in een dag – meer as ‘n miljoen. Meer as ‘n miljoen mense het reeds aangedui dat hulle gaan deelneem.
As jy nog wonder oor wat Firefox is, dit is ‘n webblaaier (browser) soos Internet Explorer. Net baie beter. In 2004 skryf Forbes.com dat Firefox die beste webblaaier is. In 2005 wys PC World dit as hulle produk van die jaar aan. Volgens CERT het Firefox minder sekuriteitsprobleme as Internet Explorer.
Jy kan Firefox in Afrikaans aflaai en die Afrikaanse speltoetser gebruik om spelfoute te korrigeer. Verder kan jy Firefox aanpas om by jou behoeftes te pas.
Firefox 3 bied ‘n verskeidenheid nuwe funksies, onder meer:
1. Een-kliek boekmerke
2. “Smart location bar” – wanneer jy begin om ‘n adres in te tik, raai Firefox waarna jy soek, gebaseer op plekke wat jy in die verlede besoek het. Dit help jou om adresse te vind wat jy nie meer so lekker onthou nie. Hoe meer jy dit gebruik, hoe beter raak dit. Dit sal byvoorbeeld werwe wat jy meer gereeld besoek prioritiseer en voorstel.
3. Dit is vinnig.
4. Per ongeluk jou webblaaier toegemaak? Firefox maak dit maklik om voort te gaan waar jy laas was.
5. Firefox het 5,000 add-ons. Laat Firefox by jou grille en giere aanpas.
6. Die Mac weergawe ondersteun nou Growl notifikasies.
Jy kan Firefox 3 Dinsdag hier aflaai.
En sommer vir die lekker, hier is ‘n musiekvideo van ‘n nuwe kunstenaar, Brendan James. Heerlike kaggelweer musiek.
Sonkind said
Ek is altyd op soek na nuwe musiek. Thanks vir die ene! Ek gaan beslis Dinsdag ook Firefox 3 aflaai
Nefri said
Hierdie musiek het ‘n mooi dag nog mooier gemaak
George Maru said
Sonkind, it’s the final countdown!
Nerfi, bly jy geniet dit ook!
maeree said
dis dinsdag, 17 junie, 13:20. firefox is nog nie 3 nie.
)-:
George Maru said
Maeree, dit het begin! Dit het begin!
Maar mens kan op die oomblik nie op die bladsy inkom nie, want die servers is oorlaai!
What to do? What to do?