riviersonderend

Geluk Noorweë!

with 3 comments

Dit is amptelik. In die land van Kersvader en trolle, mag gays nou trou. Noorweë laat burgerlike verbintenisse reeds sedert 1993 toe. Die beleid is toenemend veroordeel dat dit gediskrimineer het.

Vandag het die parlement met 84 stemme teen 41 besluit om die huwelikswet genderneutraal te maak. Dit beteken onder andere dat gays nou ook kinders kan aanneem en in die kerk mag trou.

Opponente van die wetgewing is hoogs ontsteld, want hulle meen dat dit daartoe sal lei dat Kersvader se kabouters en die trolle nou met mekaar gaan wil kafoefel.

Noorweë sluit hom nou aan by Nederland, België, Spanje, Kanada en Suid-Afrika wat reeds selfdegeslag-huwelike gewettig het. Daar word verwag dat ander Skandinawiese lande binnekort Noorweë sal volg deur burgerlike verbintenisse te verruil vir volwaardige huwelike.

As Noorweë nou net ophou met die sinnelose, onetiese jag van walvisse, mag ek die land selfs as sosiaal progressief en ontwikkeld klassifiseer.

Written by George Maru

11 Junie 2008 at 22:42

Posted in gay regte, nuus

Tagged with ,

3 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. nou eers? en hoekom is daai lysie van jou so kort? waar is swede?
    sies. skande.

    maeree

    12 Junie 2008 at 10:08

  2. (Jes 5:20) Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

    johannes coetzee

    12 Junie 2008 at 10:49

  3. Maeree, hulle het sulke stuff, hulle noem dit net anders.

    Johannes, ja, moet ook nie ‘n trol vir ‘n kabouter aansien nie, en ook nie ‘n kabouter vir ‘n trol nie.

    George Maru

    14 Junie 2008 at 10:49


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.