Archive for Junie 11th, 2008
Geluk Noorweë!
Dit is amptelik. In die land van Kersvader en trolle, mag gays nou trou. Noorweë laat burgerlike verbintenisse reeds sedert 1993 toe. Die beleid is toenemend veroordeel dat dit gediskrimineer het.
Vandag het die parlement met 84 stemme teen 41 besluit om die huwelikswet genderneutraal te maak. Dit beteken onder andere dat gays nou ook kinders kan aanneem en in die kerk mag trou.
Opponente van die wetgewing is hoogs ontsteld, want hulle meen dat dit daartoe sal lei dat Kersvader se kabouters en die trolle nou met mekaar gaan wil kafoefel.
Noorweë sluit hom nou aan by Nederland, België, Spanje, Kanada en Suid-Afrika wat reeds selfdegeslag-huwelike gewettig het. Daar word verwag dat ander Skandinawiese lande binnekort Noorweë sal volg deur burgerlike verbintenisse te verruil vir volwaardige huwelike.
As Noorweë nou net ophou met die sinnelose, onetiese jag van walvisse, mag ek die land selfs as sosiaal progressief en ontwikkeld klassifiseer.