O ja! O ja! O ja!

Dit is amper naweek. Dit word winter en ek wonder wat het van die son geword?

No worries.

Hiermee verklaar ek amptelik hierdie winter ‘n winter van rock ‘n roll.

Terloops, drink ‘n glasie op Kalifornië. Die grootste staat in Amerika se hooggeregshof wat as gematig konserwatief bestempel word, het verklaar dat dit onkonstitusioneel is om gays en lesbiërs die reg om te trou ontneem. Daar word reeds beweer dat ander state nou toenemend Kalifornië se voorbeeld gaan volg.

10 Kommentaar »

  1. maeree said

    waar is dit wat mense so lekker winter het? ek háát somer en hier by ons wil dit net nie end kry nie! argh!

    was kalifornië die eerste staat wat gay-huwelike gewettig het? regtig? (ek was onder die indruk daar’s minstens een staat in die vsa waar dit wettig is?)

    ek het ‘n professor gehad wat een keer gesê het suid afrika en die vsa deel dieselfde kerkgeskiedenis – en gevolglik dieselfde fobies en “waardes”.

  2. genadiglik het hulle darem nog vir Family Radio daar om die waardes van die Bybel uit te basuin…!!!

    en boy o boy gaan hulle nie nou groot nie!

  3. Pikkelik said

    Ek het nou baie lekker geruk en pluk… Maak maar weer so!

  4. Maeree in die Kaap. Nee, Kalifornië is die 2de staat, naas Massachussets. Maar Kalifornië se invloed kan nie onderskat word nie. 6 van die 7 regters was Republikeinse aanstellings. M.a.w. die skrif is aan die muur vir opponente van selfdegeslag-huwelike.

    Johannes, Family Radio Schmamily Radio.

    Pikkelik, hulle rock, ja!

  5. Wipneus! said

    My winter blues is sommer weg van al die gespringery… hie haaaa!

  6. netjane said

    Lekker song! Ons het ‘n voorskou van Lente hier gehad en toe verdwyn dit oornag, weer terug na temperature van om en by 8 grade – so ek het ook nou sommer weer die winter blues.

  7. sonkind said

    Die son trek haar kop onder die komberse in en gaan nie weer uitkom voor Oktober nie. Winter is aaaaklig!!! Maeree, kom ons ruil!

  8. Absolute stunning song!!! Daar is ook ‘n paar songs wat my na aan die hart le op van hul eerste albums toe hul nog as “Saron Gas” bekend gestaan het…

  9. amanda said

    Moenie te vinnig opgewonde raak oor die besluit van die hoer hof in Kalifornie. ‘n Konserwatiewe groep is besig om handtekeninge te verkry, ten einde ‘n “amendment vote” op die November stembriewe te kry. Alle aanduidings is dat hulle genoeg stemme sal he teen die sperdatum van middel Junie. As hulle genoeg handtekeninge het, sal die Kaliforniese kiesers gevra word in November om te stem of die “state constitution” moet verander word wat sal beteken dat “gay” huwelike weer onwettig verklaar sal word. Die LA Times het in die week ‘n “poll” gedoen en gevind dat mense in Kalifornie bykans eweredig verdeel is in hulle ondersteuning vir en teen “gay” huwelike. Wat wel interessant gaan wees is dat die November stemming vir die “amendment” saamval met die presidents verkiesing.

  10. Kaalvoet, ek het nie geweet dit was hulle naam eers nie? Dankie vir die inligting.

    Amanda, hulle almal se moere. Maar ek stem saam met die artikel wat in Time verskyn het. Maak nie saak wat in die verkiesing gebeur nie, die klok kan nie teruggedraai word nie. Hoogstens tydelik.

RSS feed for comments on this post · TrackBack URI

Lewer Kommentaar