Soos julle seker al agtergekom het, gaan hierdie blog oor persoonlike verryking. Die blog ontsien niks om mense te help om hulle karma-punte te verbeter nie.
Daar is ‘n webwerf, 43things.com waar jy vir jouself doelwitte kan stel. Dan kan jy jou vordering meet en ander mense aanmoedig om ook hulle doelwitte te bereik.
Gebruik hierdie lysie as inspirasie om jou eie lysie op te stel (asook wat om te vermy, of wil jy soos almal anders gewig verloor?):
29,874 mense wil gewig verloor;
22,177 mense wil ophou om alewig uit te stel;
20,002 mense wil verlief raak;
14,340 mense wil trou, 6 wil skei;
12,771 wil in die reën soen;
6,004 probeer uitvind wat de donner hulle met die res van hulle lewens wil doen;
3,250 wil elke dag mediteer;
2,996 wil net ‘n beter mens wees;
670 wil leer hoe om die stingel van ‘n maraschino kersie met hulle tonge te knoop;
423 is op soek na ‘n godsdiens wat aanpas by wat hulle glo;
306 soek ‘n one night stand, terwyl 7 nooit hulle virginity wil verloor nie;
286 wil strip-wegkruipertjie speel;
275 soek ‘n orgasme;
206 wil elke posisie in die Kama Sutra probeer;
87 wil in ‘n vuurtoring bly;
30 wil sonder enige onderbrekings na Mozart se Requiem luister;
6 wil met ‘n Japanese man trou, want soos een opmerk, sy wil ‘n man trou uit ‘n ras wat haar interesseer;
5 streef daarna om ‘n ekspert te word in iets… enige iets;
4 wil hul eie dagga groei;
1 wil die strelitzias op ‘n ander plek in die tuin herplant.
Wipneus! said
Reën soentjies is altyd lekker
Wil hulle eie dagga groei whaahaahaa
Riaan Oosthuysen said
Snaakse idees wat mense het
sonkind said
207 wil elke posisie in die Kama Sutra probeer
88 wil in ‘n vuurtoring bly
6 streef daarna om ‘n ekspert te word in iets… enige iets
5 wil hul eie dagga groei
netjane said
Nou “pla” die moontlike reëls van strip-wegkruipertjie my…
rosalind franklin said
Sjoe, dit is nogals teleurstellend vir my. Of is ek nou te ernstig. Die mense mik nie baie hoog nie. Miskien mik ek te hoog?
George Maru said
Wipneus! hulle sê dit is glo nie so maklik om jou eie dagga te groei nie.
Riaan, ek dink elke mens het snaakse idees
Sonkind, ja.
Netjane, wonder ek toe ook. Dalk moet jy uittrek as jy nie blok myself geskree het nie?
Rosalind, het jy al probeer om ‘n kersiestingel met jou tong te knoop? Moet ook nie te hard op die mense wees nie. Daar is moontlik mense wat baie hoog mik. Ek het waarskynlik net gekies om hulle te ignoreer.
rosalindfranklin said
George: Nee nog nie daai een probeer nie, maar nou is hy nr.6 op my lysie.
chris said
Waar soek mens na orgasme Sê my ook. Ek mag dalk net ‘n een man fabriek opsit wat baie klante wil hê. wat dagga groei betref, ons kan gesels. Ek het die grond maar nie die saad of kennis nie