riviersonderend

Archive for Mei 2008

Xenofobie: Maak ‘n verskil

with 3 comments

Duisende mense word huidig geraak deur xenofobiese geweld. 300 mense word by die Youngsfield Militêre Basis gehuisves. 7,500 mense in die Wes-Kaap moes vlug.

In antwoord hierop het Treatment Action Campaign (TAC) hulle strukture gemobiliseer om slagoffers by te staan.

Jy kan help.

1. Vrywilligers is nodig by die verspreidingspunte om te help met admin, om fone te beman en om voorraad te sorteer.

2. Skenk komberse, blikkieskos, klere ens. Nog beter: lig jou kollegas in en stel ‘n versamelpunt by die kantoor op en neem dan die voorraad na TAC.

3. Maak ‘n skenking aan Kaapstad se Departement Rampbestuur of TAC.
Kaapstad Rampbestuur Departement
ABSA
Rekeninghouer: Stad Kaapstad
Rekeningnommer: 4056584569
Rekeningtipe: Current
Takkode: 631609
Tak: Public Sector Western Cape
Verwysingsnommer: 190100012
Bevestig die rekeningbesonderhede hier.

TAC
Nedbank
Rekeninghouer: Treatment Action Campaign
Rekeningnommer: 1284051870
Rekeningtipe: Current
Takkode: 195005
Tak: Braamfontein
Verwysingsnommer: Xenophobia WC
Bevestig hier en hier die bankbesonderhede.

4. Versprei die nuus.

* Kontak TAC by die volgende nommers: 021 422 1490 / 084 542 6322
Kantore: 4de Vloer, Longmarket Str 122

Written by George Maru

26 Mei 2008 at 19:11

Posted in nuus

Tagged with

En jy is bang om te bungi?

with 14 comments

Michel Fournier gaan uit ‘n lugballon spring. Maar dit is nie ‘n gewone ballon nie. En dit gaan nie ‘n gewone sprong wees nie. Dit is nie ‘n gewone sprong nie, want hy gaan spring van ‘n hoogte van 40 km.

Na verwagting gaan dit 15 minute neem om terug te val na die aarde. Hy gaan die tog met ‘n spesiale lugballon aanpak, in ‘n ruimtepak. Want op 12 km is daar nie meer genoeg suurstof om te oorleef nie. Op 19 km kan die lugdruk jou bloed laat kook. Letterlik.

In die val behoort hy deur die klankgrens te gaan. As iets verkeerd gaan, sal hy binne enkele sekondes sterf.

Dit het hom 20 jaar van voorbereiding geneem en $20 miljoen gekos.

O ja, Michel is 64 jaar.

So, watter interessante ding het jy onlangs aangepak?

Written by George Maru

25 Mei 2008 at 19:37

Posted in sommer net

Tagged with

Gevra in 1942

with 5 comments

In 1942 skryf Dietrich Bonhoeffer die volgende:

We have been silent witnesses of evil deeds; we have been drenched by many storms; we have learnt the arts of equivocation and pretence; experience has made us suspicious of others and kept us from being truthful and open; intolerable conflicts have worn us down and even made us cynical. Are we still of any use?

Written by George Maru

20 Mei 2008 at 19:56

Posted in sommer net

Tagged with ,

O ja! O ja! O ja!

with 10 comments

Dit is amper naweek. Dit word winter en ek wonder wat het van die son geword?

No worries.

Hiermee verklaar ek amptelik hierdie winter ‘n winter van rock ‘n roll.

Terloops, drink ‘n glasie op Kalifornië. Die grootste staat in Amerika se hooggeregshof wat as gematig konserwatief bestempel word, het verklaar dat dit onkonstitusioneel is om gays en lesbiërs die reg om te trou ontneem. Daar word reeds beweer dat ander state nou toenemend Kalifornië se voorbeeld gaan volg.

Written by George Maru

15 Mei 2008 at 21:58

Mildred Loving is oorlede

with 4 comments

Mildred Loving was 68. Mildred het bekendheid verwerf omdat sy liefgehad het. Dit was haar groot sonde. In 1967 het sy die Amerikaanse staat Virginia na die hooggeregshof gesleep, omdat sy nie met die man kon trou vir wie sy lief was nie.

Sy was swart. Richard, haar geliefde, was wit. Wat hulle wou doen was sonde.

In die saak Loving vs. Virginia bevind die Amerikaanse hooggeregshof dat die verbod op gemengde huwelike onkonstitusioneel is.
In 2007 tydens die 40ste viering van die afskaffing van die verbod op gemengde huwelike in Amerika het Mildred Loving opgemerk:

Surrounded as I am now by wonderful children and grandchildren, not a day goes by that I don’t think of Richard and our love, our right to marry, and how much it meant to me to have that freedom to marry the person precious to me, even if others thought he was the “wrong kind of person” for me to marry. I believe all Americans, no matter their race, no matter their sex, no matter their sexual orientation, should have that same freedom to marry. Government has no business imposing some people’s religious beliefs over others. Especially if it denies people’s civil rights.

I am still not a political person, but I am proud that Richard’s and my name is on a court case that can help reinforce the love, the commitment, the fairness, and the family that so many people, black or white, young or old, gay or straight seek in life. I support the freedom to marry for all. That’s what Loving, and loving, are all about.

Na haar dood, het haar dogter, Peggy Fortune, aan die pers opgemerk: “I want (people) to remember her as being strong and brave yet humble — and believed in love.”

Rus in vrede, Mildred.

Written by George Maru

7 Mei 2008 at 19:28

Posted in nuus

Tagged with

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.